Skip to content

Moses se Kenteken van die Pasga

Hierdie is ‘n hedendaagse toneel van Joodse mense wat voorberei om Pasga te vier ter herinnering van daardie Pasga van 3500 jaar gelede.

Ons het in die vorige bespreking gekyk na hoe die beproewing van Abraham se opoffering van sy seun gedui het op die opoffering van Jesus, deur in ag te neem die spesifieke gebied waar dit plaasgevind het.  Daar het intussen sowat 500 jaar verloop sedert Abraham en dit is nou om en by 1500 vC.  Na Abraham se dood is sy nageslagte vanuit sy seun Isak, ‘n menigte getal mense, wie nou Israeliete genoem word. Maar hul het ook in Egipte slawe geword.  Dit het gebeur omdat Josef, die kleinseun van Abraham, as ’n slaaf verkoop was aan Egipte, en toe het sy familie gevolg, soos veruidelik in Genesis hoffstukke 45 en 46.

Die Exodus Drama

Nou kom ons by ‘n merkwaardige drama wat deur Moses opgeteken is in die boek van Exodus.  God het vir Moses beveel om vir die Farao van Egipte te konfronteer en dit lei toe tot ’n tweestryd van die mens se wil tussen die twee, wat tot dusver nege plae op Farao gebring het.  Maar Farao het nie saamgestem om die Israeliete te laat gaan nie, gevolglik gaan God ’n tiende en verwoestende plaag meebring. Die volle verslag van die tiende plaag in Exodus is hier gekoppel en ek raai u sterk aan om dit te lees aangesien dit meer aangenaam sal wees om dan die verduideliking hier onder te volg.

Hierdie 10de  plaag wat deur God bepaal is, was dat elke eersteling, mens en dier, daardie nag sou sterf behalwe die wat deur die nag binne in huise vertoef  het waar ’n lam geoffer was en die bloed daarvan gestryk was aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel.  Indien Farao nie gehoorsaam sou wees nie, sou sy verlies die dood van sy seun wees, wie die erfgenaam van die troon sou word. Boonop sou elke huis in Egipte ’n eersgebore seun verloor indien hul nie ’n lam geoffer het en die bloed daarvan aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel gestryk het nie.  Egipte het dus ’n nasionale ramp in die oë gestaar.

In die huise waar ’n lam geoffer was en die bloed daarvan gestryk was aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, vir hulle was daar die belofte dat hul veilig sou wees. Die dood sou bo-oor of verby daardie huis beweeg.  Daarom was hierdie dag genoem, “Pasga” of “Pesach”. Pesach is afgelei van die woord “pasach” wat beteken om “oor te slaan” of  “oor te spring”.

Die Teken van die Pasga – vir wie?

Baie mense wat bekend is met hierdie verslag van die bloed op die deurposte en aan die bo-drumpel neem aan dat die bloed ’n teken is vir die Doodsengel.  Maar neem kennis van die eienaardige besonderhede in die verslag:

Die Here het aan Moses gesê: …” Maar die bloed sal vir julle ’n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.” (Eksodus 12:13)

 

Ons sien dus dat hoewel die HERE opgelet het vir die bloed, en wanneer Hy dit sien, dat Hy daardie huis waar die bloed op was, sou oorslaan, daar verby sou gaan, was die bloed nie daar as ‘n teken vir Hom nie.  Daar staan duidelik geskryf, dat die bloed “sal vir julle ‘n teken wees”…met ander woorde, dit sal ‘n teken vir die mense wees.  En gevolglik is dit ‘n Teken vir ons almal wat hierdie verslag lees.

Maar hoe is dit ‘n teken?  Na hierdie gebeurtenis het die HERE hulle beveel:

 “Vier hierdie dag as ‘n ewige insetting in julle geslagte.  En wanneer julle in die land kom wat die HERE aan julle sal gee soos Hy beloof het, moet julle hierdie diens onderhou… dan moet julle sê: Dit is ’n paasoffer aan die HERE… (Exodus 12:27).

Die Merkwaardige Pasga Kalender

Ons sien inderdaad in die volgende frase dat hierdie gebeurtenis die begin van die Joodse kalender tot stand gebring het.  EN die HERE het met Moses en Aäron in Egipteland gespreek en gesê:

Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees. (Exodus 12:1-2)

So was die Israeliete beveel om ‘n kalender te begin wat hierdie Pasga op dieselfde dag elke jaar gevier het.  Die Joodse kalender verskil effens van die Westerse kalender, dus skuif hierdie dag in die jaar, elke jaar, as jy dit volg in die Westerse kalender.

 

Hierdie is ‘n hedendaagse toneel van Joodse mense wat voorberei om Pasga te vier ter herinnering van daardie Pasga van 3500 jaar gelede.

Hierdie is ‘n hedendaagse toneel van Joodse mense wat voorberei om Pasga te vier ter herinnering van daardie Pasga van 3500 jaar gelede.

Tot hedendag, 3500 jaar later, gaan die Joodse mense voort om elke jaar Pasga te vier op dieselfde dag in hul kalender, ter herdenking van hierdie gebeurtenis en in gehoorsaamheid aan die bevel wat aan hul gegee is.

Wanneer ons deur die geskiedenis heen na hierdie Pasga feesviering kyk, dan sal ons iets baie besonders waarneem.  Mens sal dit opmerk in die evangelie waar die inhegtenis-neming en verhoor van van Jesus opgeskryf staan:

 “Toe neem hulle Jesus… van Kájafas na die Romeinse goewerneur [Pilatus] se paleis. En dit was vroeg in die môre; en hulle het self nie in die paleis ingegaan nie, dat hulle hul nie sou verontreinig nie, maar dat hulle die pasga kon eet…….Pilatus sê….[aan die Joodse leiers]…..”Maar julle het ’n gewoonte dat ek vir julle op die pasga iemand moet loslaat; wil julle dan hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?… Toe skreeu hulle almal weer en sê: “Nie vir Hom nie,…” (Johannes 18:28, 39-40)

Die verbintenis tussen die kruisiging van Jesus en die Pasga word ondersteun deur die rabbynse Talmud geskrifte.  Hierdie is vyandige getuies so hulle het geen motief om in hierdie opsig saam te stem met die evangelie skrywers nie.  Tog bevestig hulle dat:

“Jesus was op die Pasga vooraand opgehang…” (Sanhedrin 43a van Babeloniese Talmud; aangehaal in Jesus and Christian Origins outside the New Testament.                By FF Bruce. Bldsy 56. 1974 215 bladsye)

Met ander woorde, Jesus was gearresteer en tereg gestel op die Pasga van die Joodse kalender – die dag waarop die Jode ‘n lam moet slag ter herinnering van daardie lammers wat in 1500 vC die dood oor laat gaan het.  (Ek verwys terug na die woord “pesach – om oor te laat gaan”…oor die huise wat die bloed aan het sodat niemand daarin sou sterf nie.)

Nou, u sal onthou vanuit Die Kenteken van Abraham se Offer, dat een van die titels van Jesus was:

“Die volgende dag sien Johannes (m.a.w. Johannes die Doper) Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!’. (Johannes 1:29)

Hier sien ons die drama in hierdie Teken. Jesus, die ‘Lam van God’, was gekruisig (m.a.w. geoffer) op presies dieselfde dag as wat al die Jode wat daardie tyd gelewe het, ‘n lam geoffer het ter herinnering van die eerste Pasga, wat die begin van hul kalender meegebring het.  Dit verduidelik die jaarlikse tydvak van twee vakansie dae wat elke jaar voorkom – ‘n parallel wat so min van ons waarneem en minder nog die vraag vra: ‘Waarom?’.  Die Joodse Pasga fees vind elke jaar plaas wanneer Paasfees plaasvind.  (Dit is normaalweg gedurende dieselfde week maar nie op dieselfde dag nie, omdat Goeie Vrydag natuurlik op die Vrydag van daardie week plaasvind, terwyl die Joodse Pasga op die 14de van die Joodse maand Nisan is, so hulle kan ‘n paar dae van mekaar verskil in enige gegewe jaar.  Elke 19 jaar, as gevolg van die Joodse sprong maand siklus kan hulle ‘n maand uitmekaar wees)  Dit is waarom Paasfees elke jaar skuif na ‘n ander datum, want dit vind plaas op Pasga, en Pasga word bereken deur die Joodse kalender wat die jaar op’n verskillende manier bereken as wat die westerse kalender dit bereken.

 

Tekens, Tekens, Oral is Tekens

Ons keer terug na daardie eerste Pasga in Moses se dae waar die bloed ‘n ‘teken’ was, nie vir God nie, maar vir die mense.  Dink nou vir ’n oomblik oor wat tekens doen deur die volgende hier onder in ag te neem.

 

Tekens is aanwysers in ons verstande, om ons te laat dink oor die ding waarna die teken verwys.

Tekens is aanwysers in ons verstande, om ons te laat dink oor die ding waarna die teken verwys.

Wanneer ons na die teken van die ‘kopbeen’ kyk, is dit om ons te laat dink aan die dood en gevaar. Die goue boë laat ons dink aan McDonalds. Die teken van die ‘√ ‘ op die doek van die tennis speler Nadal, is die teken vir Nike. Nike wil hê dat ons aan hulle moet dink wanneer ons hierdie teken op Nadal sien. Met ander woorde, tekens is aanwysers in ons verstande wat ons gedagtes lei, nie na die teken self nie, maar na iets waarna die teken verwys.

 In die Pasga verslag staan daar duidelik dat die Teken vir die mense was.  Soos met enige teken, waaraan wou God he ons moet dink met die Pasga? Hy wil hê ons moet dink aan die merkwaardige tydsberekening van die lammers wat geoffer was op dieselfde dag as Jesus, en omdat Sy titel ‘Die Lam van God’ is, is dit ooglopend ’n teken wat aanwys na die komende opoffering van Jesus.

Dit werk in ons verstande soos wat ek oor myself uitgebeeld het in die diagram hier onder:

 

Die Pasga is ‘n teken in die sin dat dit verwys na Jesus deur die besondere tydsberekening van die Pasga en Jesus se kruisiging.

Die Pasga is ‘n teken in die sin dat dit verwys na Jesus deur die besondere tydsberekening van die Pasga en Jesus se kruisiging.

Die teken was daar om my aandag te vestig op die dood van Jesus.  In die eerste Pasga was die lammers geoffer en die bloed gesmeer sodat die mense se lewens gespaar kon word.  Hierdie teken wat na Jesus dui, is om my te wys dat “die Lam van God” ook oorgegee is aan die dood sodat Sy bloed gestort kon word sodat ek lewe kon vind.

Met die teken van Abraham, was die plek waar die ram gesterf het sodat Isak kon lewe, op die berg Moria – die presiese berg waar Jesus later geoffer was.  Dit stel ons in staat om die betekenis van Sy dood te ‘sien’ deur na die plek te verwys.  Ons vind dat die Pasga ook na die opoffering van Jesus verwys, maar deur middel van ’n ander teken, naamlik dat dit na ’n dag van die kalender verwys – die kalender wat juis in stand gebring is deur hierdieselfde gebeurtenis.

Op twee verskillende wyse is twee van die mees simboliese en belangrike gebeurtenisse in die Ou Testament,  tekens wat direk dui op die dood van Jesus, en albei gebeurtenisse maak gebruik van die drama van die opoffering van lammers. Ek kan aan geen ander persoon in die geskiedenis dink, wie se dood (of enige lewens belangrike prestasie) so vooraf uitgebeeld is deur twee paralelle en op so ’n dramatiese wyse nie.  Kan u?

As mens alles in ag neem, behoort hierdie gebeurtenisse vir ons aan te dui dat daar grondige redes is om tot die gevolgtrekking te kom dat Jesus die hoeksteen is van ’n goddelike  plan wat lank gelede reeds ’n duidelike teken was toe gewone slawe in Egipte hul eie kalender begin het deur ’n lam se bloed op hul deurposte te smeer.

Maar waarom het God hierdie Tekens geplaas om die kruisiging van Jesus te voorspel en vooraf te skadu?  Waarom is daardie gebeurtenis so belangrik?  Wat is dit omtrent die wêreld dat sulke bloeddorstige rituele nodig is?  En hoe het dit betrekking op jou?  Om ’n antwoord op hierdie vrae te vind moet ons terugkeer na die begin van die Bybel om te verstaan wat gebeur het sedert die begin van tyd.

 

3 thoughts on “Moses se Kenteken van die Pasga”

    1. Is daar nie met die offerstelsel weggedoen op die kruis nie, toe die ware lam(Yashua) geslag is nie. Hoe slag die Jode nog tot vandag toe.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *