Geskape Na Die Beeld Van God

Ek wil graag in ag neem wat die Bybel sê oor die oorsprong van die mens.  Om die Bybel te gebruik om te probeer verstaan waar ons vandaan kom, word deur baie mense as dwaasheid beskou.  Nietemin, dink daaraan hoe kompleks ons as mense is, met ‘n genetiese kode wat so gesofistikeerd is soos die beste komper kode wat die mens geskep het; ons is masjiene wat geskep is uit proteine wat kleiner is as die beste van die moderne mens se nanotegnologie – met die abiliteit om sellulêre skade te herstel op outomatiese wyse; boonop het ons  ook elk ‘n persoonlikheid en bewustheid.  Miskien moet ons ontvanklik wees om die moontlikheid te oorweeg dat ons deur God, wat die Meester Ontwerper is – geskape is.

So in hierdie gees wil ek ‘n begrip bou van wat die Bybel sê oor ons oorsprong deur te kyk na ‘n gedeelte aan die begin van die Bybel.

En God het gesê: “ Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis…..” “En God het die mens geskape na Sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” (Genesis 1: 26-27)

“Na die beeld van God”

Wat beteken dit dat die mens geskape is “na die beeld van God”?  Dit beteken nie dat God ‘n fisiese wese is met twee arms, ‘n kop ensovoorts nie.  Dit beteken eerder dat op ‘n dieper vlak, die  basiese eienskappe van die mens afkomstig is van soortgelyke eienskappe van God.  Byvoorbeeld, die Bybel sê dat beide God (in die Bybel) sowel as die mens (volgens observasie) intellek, emosies en ‘n wil besit.  In die Bybel word God soms beskryf as bedroef, gegrief, toornig, of vreugdevol – dieselfde reeks van emosies wat ons as mense ervaar.  Ons maak keuses en besluite op ‘n daaglikse basis.  Soortgelyk word God beskryf in die Bybel waar Hy keuses maak en besluite neem.  Ons abiliteit om te redeneer en in die abstrak te dink kom van God af.  Ons het die kapasiteite van intellek, emosie en die wil omdat God dit het en ons na Sy beeld geskape is.

Op ‘n meer fundamentele vlak, wanneer ons hierdie aspekte van onsself in ag neem, sien ons dat ons bewus is van onsself, en bewus is van ‘ek’ en ‘jy’.  Ons is nie ‘n onpersoonlike ‘dit’ nie.   Ons is so omdat God so is.  In hierdie fundamentele perspektief is God van die Bybel nie uitgebeeld as ‘n onpersoonlike wese soos die “Force” in die rolprent series “Star Wars” nie.  Ons is ook nie so nie, omdat ons na Sy beeld geskape is.  Ons het almal persoonlikheid.

Waarom ons Esteties is

Ons waardeer kuns en drama. Neem in ag hoe dit in ons natuur is om skoonheid te waardeer en hoe ons dit selfs benodig.  Dit gaan verder as net fisiese skoonheid want sluit musiek en literatuur in.  Dink daaraan hoe belangrik musiek vir ons is – selfs hoe natuurlik dit vir ons is om te dans.  Musiek verryk ons lewens so.  Ons is lief vir mooi stories, of dit in boeke is of op die verhoog, of meer algemeen vandag, in ‘n rolprent.  Stories gaan oor helde, boosaards, drama, en die merkwaardige stories ets hierdie helde, boosaards en drama in ons verbeelding in.  Dit is so natuurlik vir ons om die kuns in sy vele vorme aan te wend om onsself te vermaak, te hergenereer en te verfris want God is ‘n Kunstenaar en ons is na Sy gelykenis gevorm.  Dit is die moeite werd om die vraag te vra, waarom ons inherent so esteties georienteerd is, of dit nou in die kuns, drama, musiek, dans of literatuur is?

Daniel Dennett, ‘n uitgesproke ateïs en outoriteit op die begrip van bewussynse prosesse, antwoord vanuit ‘n materialistiese perspektief:

“Maar meeste van hierdie navorsing aanvaar musiek steeds as vanselfsprekend.  Dit stel selde die vraag: Waarom bestaan musiek?  Daar is ‘n kort antwoord en dit is korrek so ver mens kan uitmaak: musiek bestaan omdat ons lief is daarvoor en om daardie rede bring ons steeds meer daarvan tot stand.  Maar waarom is ons lief daarvoor?  Omdat ons vind dat dit pragtig is.  Maar waarom is dit pragtig vir ons?  Dit is ‘n baie goeie vraag, biologies gesproke, maar daar is nog nie ‘n goeie antwoord daarvoor nie.”  (Daniel Dennett. Breaking the Spell: Religion as a Natural Phenomenon. P. 43)

As alles omtrent ons as die mens, verklaar moet word gebasseer alleenlik op materiële prosesse, waarom inderdaad is kuns in al sy fasette so belangrik vir ons? Dennett, heelwaarskynlik die wêreld se toonaangewendste denker rakende hierdie vraag,  sê aan ons, vanuit die materialistiese evolusionêre perspektief,  dat ons eenvoudig nie weet waarom nie.

Vanuit die Bybelse perspektief is dit omdat God artisties en esteties is.  Hy het dinge mooi gemaak en Hy geniet skoonheid.  Ons, geskape na Sy beeld, is dieselfde.  Deur te begin met hierdie Bybelse leerstelling word ons menslikheid verduidelik op ‘n wyse wat ateïsme nie kan doen nie.

 Waarom ons Moreel is

Bygevoeg, om geskape te wees “na die beeld van God” verduidelik die inherente morele kapasiteit wat alle mense besit.  Ons verstaan almal wat ‘verkeerde’ gedrag is en wat ‘goeie’ gedrag is – al het ons verskillende tale en kulture.  Die kapasiteit vir morele onderskeid is ingebou in ons.  Soos die bekende ateïs Richard Dawkins dit beskryf:

“Ons morele oordeel word aangedryf deur ‘n universele morele taal…Soos met ‘n taal, die beginsels wat ons morele grammatika vorm, vlieg benede die radar van ons bewussyn. (Richard Dawkins, The God Delusion. P. 223).

Dawkins verduidelik dat ons bewustheid van reg en verkeerd binne ons ingebou is soos ons vermoë om ‘n taal te hê.  Dawkins glo nie dat hierdie morele abiliteit van ons van God kom nie, maar dit is sekerlik die mees direkte en eevoudige verduideliking.  Ons het ‘n  morele kapasiteit omdat God moreel  is en ons na Sy beeld geskape is.  Hierdie is ‘n ingeskape menslike abiliteit. Om dit nie in te sien nie, kan tot misverstande lei.  Neem byvoorbeeld hierdie objeksie van Sam Harris, nog ‘n bekende ateïs.

“As jy korrek is in jy oortuiging dat godsdienstige geloof die enigste basis is vir moraliteit, dan moet ateïste minder moreel wees as gelowiges.” (Sam Harris. 2005.  Letter to a Christian nation. P. 38-39).

Harris misverstaan en is absoluut verkeerd.  Bybels gesproke, kom ons sin van moraliteit vanuit ons geskapenheid na die Beeld van God, nie vanuit godsdienstigheid nie.  Dit is waarom ateïste, soos die res van ons, hierdie sin van moraliteit het en moreel kan handel.  Die probleem met ateïsme is hoe om rekenskap te kan gee vir waarom ons moraliteit het – iets wat ‘n integrale deel van ons almal is.

 Waarom is ons so aangewese op Verhoudings

Bybels gesproke, die begin punt om onsself te verstaan is dat ons moet erken dat  ons na die beeld van God geskape is.  Om hierdie rede,  soos wat ons insig inwin oor God (deur wat oor Hom in die Bybel openbaar word) of oor mense (deur observasie en nadenking daaroor) kan ons ook insig bekom oor die ander.  Byvoorbeeld, dit is nie moeilik om die belangrikheid wat mense plaas op verhoudings, mis te kyk nie.  Dit is aangenaam om ‘n kwaliteit rolprent te geniet, maar dit is baie beter om dit saam met ‘n vriend te ondervind.  Dit is in ons natuur om vriende uit te soek om ondervindings mee te deel.  Betekenisvolle vriendskappe en familie verhoudings is belangrik vir ons gevoel van welsyn.  Omgekeerd, eensaamheid en/of gebroke familie verhoudings en ​​onderbrekings in vriendskappe veroorsaak spanning in ons.  Ons bly nie neutraal of onaangeraak deur die toestand van ons verhoudings met ander nie. Dus, as ons na God se beeld gevorm is, kan ons verwag om hierdie selfde klem op verhoudings te vind in God, en dit is inderdaad so.  Die Bybel sê “God is liefde”. (1 Johannes 4:8).  Daar is baie geskryf in die Bybel oor die belangrikheid wat God plaas op ons liefde vir Hom en vir ander – inderdaard dit word deur Jesus beskryf as die twee mees belangrikste gebooie in die Bybel.  As mens nadink hieroor, Liefde moet verhoudings-gesind wees want vir liefde om in werking te tree moet daar iemand wees wat lief het (die liefhebber) en ‘n persoon wat die fokus van sy liefde is – die (geliefde).

Ons moet dus aan God dink as die liefhebber.  As ons slegs aan Hom dink as die ‘Primêre Motiveerder’, die Eerste Veroosaker “, die” Alwetende Godheid’ of dalk as die ‘Welwillende Wese’, dink ons nie aan die Bybelse God nie – veeleerder het ons dan ‘n god in ons eie gedagtes geskep.  Hoewel Hy ook aan hierdie beskrywings voldoen, word Hy uitgebeeld as bykans roekeloos-passievol in verhoudings.  Hy ‘het’ nie liefde nie – Hy ‘is’ liefde.  Die twee mees prominente Bybelse beskrywings van God se liefde vir mense is die van ‘n vader vir sy kinders en van ‘n man vir sy vrou.  Hierdie is nie objektiewe filosofiese ooreenkomstighede nie maar is van die diepste en intiemste menslike verhoudings.

Hier is dus die fondasie wat ons sover gelê het:  Mense is geskape na God se beeld, wat insluit verstand, emosies en die wil.  Ons is waarnemend en bewus van onsself.  Ons is morele wesens met ons ‘Morele taal’ wat ons ‘n ingeskape orientasie gee van ‘reg’ en ‘regverdig’ asook die teenoorgestelde.  Ons het ‘n instiktiewe kapasiteit om skoonheid, drama, kuns en ‘n storie in al sy verskillende vorme, te skep en te waardeer.  En ons sal instinktief en spontaan verhoudings met ander soek en ontwikkel.  Ons is al hierdie dinge omdat God al hierdie dinge is en ons na Sy beeld geskape is.

Al hierdie gevolgtrekkings is ten minste in ooreenstemming met wat ons waarneem oor onsself terwyl ons hierdie fondasie gelê het.  Ons gaan voort in die volgende weergawe om te sien wat die Bybelse verduideliking is oor waarom ons verhoudings byna altyd ‘n teleurstelling is en waarom dit voel of God so afsydig is.   Waarom is dit asof ons diepste verlange nooit uitwerk nie?

One thought on “Geskape Na Die Beeld Van God

  1. Jan Hendrik van Wyk

    Hierdie is baie insiggewend, baie dankie, nou verstaan ek dit ook beter.
    Baie dankie

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *