In my vorige aflewering het ek gekyk na die bybelse beginsel van hoe ons onsself en ander moet sien – dat ons na die beeld van God geskape is. Maar die Bybel brei verder uit op hierdie fondasie. Die Psalms is ‘n versameling van gewyde liedere en gedigte en Psalm 14 was sowat 1000 V.C. deur Koning Dawid geskryf en dit is ‘n rekord van die stand van sake vanuit God se oogpunt.
2 Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra.
3 Almal het afgedwaal, die laaste een het ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, selfs nie één nie. (Psalm 14: 2-3)
Die frase “het ontaard” word gebruik om die hele mensdom te beskryf. Dit is duidelik dat hierdie toestand waarin ons verval het, in teenstelling is met ons oorspronklike toestand, toe ons “na die beeld van God” geskape was. Hierdie frase maak die stelling dat die korrupsie gedemonstreer word in die doelbewuste onafhanklikheid van God (“almal het afgedwaal” van “na die wil van God te vra”) en “daar is niemand wat goed doen nie”.
Dink aan die Elwe en Orke
Orke was in baie opsigte afskuwelik. Hulle was egter net korrupte afstammelinge van die Elwe.
Om dit beter te begryp, en as ullistrasie, dink aan die orke van “Middle Earth” in die rolprent “Lord of the Rings”. Orke was afskuwelike wesens in voorkoms, gedrag, asook in hoe hulle die aarde behandel het. Tog, hulle was orke wat afkomstig was van elwe, wat korrup geword het deur Sauron. Wanneer jy die statige majestueuse harmonie en tiepe verhouding sien wat die elwe met die natuur gehad het (dink maar aan Legalos en die elwe van Lothlorien) en dan in ag
neem dat orke eers elwe was wat “korrup geword het” sal jy ‘n idee hê van wat hier van die mense gesê is. God se intensie was vir elwe, maar wat Hy gevind het was orke.
Dit pas presies in by dit wat waargeneem kan word op universele vlak, oor ons – dat niemand volgens hul morele oordeel van reg en verkeerd lewe nie. Onthou dat ons gesien het dat ons ‘n inherente, ‘ingeboude morele taal’ besit. Ons kan morele redenasie toepas en erken ‘regte’ en ‘verkeerde’ handelinge. Die probleem is egter dat niemand eintlik volgens hierdie beginsels lewe nie.
Dit is waarom dit soms moeilik is om te erken dat ons ‘n morele taal het – want ons neem nie altyd hierdie morele sin waar in ons eie handelinge en in die van ander nie. Dit is soos ‘n rekenaar virus wat die oorspronklike program van die rekenaar affekteer. Ons morele taal is daar – maar die virus het dit korrup gemaak.
Ons arriveer dus by die volgende perspektief wat insiggewend is: Die Bybelse uitgangspunt van mense as bewuste, persoonlike en morele wesens, maar dan ook korrup, pas in met wat ons oor onsself waarneem. Dit is presies in die kol in die beoordeling van die mens deur in aanmerking te neem die intrinsieke morele natuur in ons wat maklik oor die hoof gesien kan word aangesien ons aksies nooit werklik ooreenstem met wat hierdie morele natuur eis van ons nie – as gevolg van hierdie korrupsie. Die bybelse skoen pas die menslike voet. Dit opper egter ‘n ooglopende vraag: waarom het God ons so geskape – met ‘n morele natuur maar dat ons dan korrup kon word? Die ateïs Christopher Hitchens kla soos volg: : “…As God regtig wou he mense moes vry wees van sulke gedagtes [ dit wil sê, korrupte gedagtes ] moes Hy meer sorg geneem het om ‘n ander spesie te bedink.” ” Christopher Hitchens. 2007 God is nie groot nie : Hoe godsdiens alles bederf. Bldsy . 100
Maar in sy haas om die Bybel aan te val, is dit juis waar hy iets baie belangriks mis. Die Bybel sê nie dat God ons so gemaak het nie, maar dat iets verskrikliks gebeur het sedert die aanvanklike skepping en dus hierdie moeilike stand van sake teweeg gebring het. ‘n Belangrike gebeurtenis het plaasgevind in die mens se geskiedenis ná ons skepping. Die eerste mense het God uitgedaag, soos opgeteken in Genesis, en in hul verset het hulle verander en ontaard.
Die Val van die Mens
Hierdie belangrike gebeurtenis in die mens se geskiedenis word dikwels genoem Die Val. Ons kan dit dalk beter verstaan as ons dink oor wat Adam, die eerste mens, in die gesig gestaar het in sy verhouding met God, toe hy geskape was. Om tot verdere insigte te kom, wend ons onsself tot ‘n middel-8ste eeu vC Ou Testament profeet, Hosea. Soos hy vertel in sy boek, het sy vrou herhaaldelik egbreuk gepleeg en vele kere die huis verlaat om buite egtelike verhoudings aan te knoop.
Ten midde van sy pyn en die verraad het God hom beveel om sy vrou te gaan vind, versoen te raak met haar , en haar terug te wen. Hierdie episode word dan gebruik as voorbeeld om te wys hoe, in God se oë , die Israeliete in daardie tyd soos ‘n egbreker was, maar God soos Hosea, was bereid om met hulle versoen te raak as hulle net tot inkeer wou kom en terugkeer na Hom. In daardie pleidooi word ‘n vergelyking met Adam gemaak:
Wat moet Ek met jou doen, Efraim? Wat moet Ek met jou doen, Juda? Julle liefde is soos ‘n môrewolkie: dit verdwyn so vinnig soos dou….Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers. Net soos Adam destyds, het julle weer die verbond met My verbreek en was julle ontrou aan My. (Hosea 6: 4-7)
Met ander woorde, wat die Israeliete van Hosea se dag gedoen het, was om voort te gaan waarmee Adam , die eerste mens, begin het.
Daar was ‘n ooreenkoms tussen God en Adam , soortgelyk aan ‘n huweliks kontrak van getrouheid, en Adam het dit verbreek.
Die boek Genesis vertel dat Adam geëet het van die boom van die kennis van goed en kwaad. Daar was ‘n verbond of ooreenkoms tussen God en Adam dat hy nie sou eet van daardie boom nie – al die ander was beskikbaar vir hom. Dit was nie dat daar iets spesiaal in die boom self was nie, maar die teenwoordigheid daarvan het Adam ‘n vrye keuse gegee om te bepaal om getrou te bly aan God of nie. Adam was geskep as ‘n bewuste persoon, wat op die selfde oomblik van sy skepping ook in vriendskap met God geplaas was. Adam het geen keuse gehad rakende sy skepping nie, maar God het vir hom die geleentheid gegee om te kies oor sy vriendskap met God en hierdie keuse was gesentreerd in die opdrag om nie van daardie spesifieke boom te eet nie. In die volgende aflewering kyk ons van naderby na hierdie gebeurtenis, en hoe en in watter opsig ons mis skiet.