Tag Archives: waarom het Jesus gesterf

Kragtige Eenvoud: Wat is die besondere betekenis van Jesus se opoffering?

Jesus het gekom om Homself op te offer aan die mensdom. Hierdie boodskap was aangekondig aan die begin van die geskiedenis van die mens, en is beaam met ‘n Goddelike kenteken in die offer van Abraham en in die Pasga offer, met verdere besonderhede wat voorspel was in verskeie profesieë in die Ou Testament. Waarom was Sy dood so belangrik dat daar noodwendig soveel klem op gevestig moes word? Dit is ‘n vraag wat goed oordink behoort te word. Die Bybel verkondig die volgende stelling, wat soos ‘n wet klink:

Die loon wat die sonde gee, is die dood…(Romeine 6:23)

“Dood” beteken letterlik ‘skeiding’. Wanneer ons siel skei van ons liggaam, gaan ons fisies dood. Op ‘n soortgelyke wyse is ons spiritueel geskei van God. Dit is so omdat God Heilig is (sonder sonde) terwyl ons korrup geword het sedert ons oorspronklike skepping en daarom sondig ons.

Ons is geskei van God deur ons sonde, soos ‘n afgrond tussen twee kranse

Ons is geskei van God deur ons sonde, soos ‘n afgrond tussen twee kranse

Hierdie skeiding word in die voorstelling hier bo uitgebeeld waar ons op ‘n krans is en God op die krans oorkant ons, geskei deur die bodemlose afgrond tussen ons. Soos ‘n tak wat dood is omdat dit afgebreek is van ‘n boom, so het ons onsself afgebreek van God en gevolglik het ons spiritueel dood gegaan.

Hierdie skeiding veroorsaak ‘n skuldgevoel en vrees. Normaalweg wat ons dan doen is om brȗe te probeer bou in ‘n poging om ons van ons kant (van die dood) te neem tot aan God se kant. Ons doen dit op verskillende wyses: om kerk, temple of moskee toe te gaan, om goedsdienstig te wees, om goed en hulpvaardig te wees, om te mediteer, om te probeer om meer hulpvaardig te wees, om meer te bid, ens. Hierdie lys van dade om meriete in te win kan ‘n baie lang lys wees vir sommige van ons – en om te probeer om hierdie dade en werke uit te leef in die praktyk kan baie gekompliseerd raak. Dit word uitgebeeld in die volgende voorstelling:

Goeie Pogings – hoe nuttig hul ook mag wees, kan nie die skeiding tussen ons en God oorbrug nie.

Goeie Pogings – hoe nuttig hul ook mag wees, kan nie die skeiding tussen ons en God oorbrug nie.

Die probleem is dat ons pogings, meriete, opofferings en mooi dade – wat op sigselwers nie sleg is nie, onvoldoende is omdat die betaling wat geverg word (die ‘loon’) van die sonde die ‘dood’ is. Ons pogings is soos ‘n brug wat poog om die skeiding tussen ons en God te oorbrug, maar op die ou end kan dit nie ver genoeg strek oor die kloof om die ander kant te bereik nie. Daarom, al is godsdienstige of morele pogings nie sleg nie, kan dit nie ons probleem by die wortel, by die oorsaak, op los nie. Dit is soos om kanker (wat tot die dood lei) te probeer genees deur ‘n vegetariese diëet te volg. Om ‘n vegetariese diëet te volg is nie sleg nie, maar dit gaan nie die kanker genees nie. Vir die kuur of genesing daarvan het mens ‘n totaal verskillende behandeling nodig.

Tot dusver is hierdie Wet net Slegte Nuus – dit is so sleg dat ons dikwels nie eens daarvan wil hoor nie en dan vul ons ons lewens met aktiwiteite en dinge in die hoop dat hierdie Wet net sal weg gaan.

Maar net soos wat ‘n kuur vir kanker betekenis aanneem vir ons wanneer ons hoor dat ons wel kanker het, so benadruk die Bybel hierdie Wet van sonde en die dood om ons belangstelling te prikkel in die kuur wat eenvoudig, maar kragtig is.

Die loon wat die sonde gee is die dood maar… (Romeine 6:23)

Die klein woordjie ‘maar’ dui aan dat die rigting van die boodskap op die punt staan om terug te draai na die Evangelie – die kuur, die genesing.

Die loon wat die sonde gee, is die dood; (maar) die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. (Romeine 6:23)

Die goeie nuus van die evangelie is dat die opoffering van Jesus se dood voldoende is om hierdie skeiding tussen ons en God te oorbrug. Ons weet dit omdat Jesus drie dae na Sy dood weer opgestaan het, en lewend geword het in ‘n fisiese opstanding. Alhoewel sommige mense vandag verkies om nie te glo in die opstanding van Jesus nie, is meeste mense eenvoudig nie ingelig oor die geloofwaardige bewyse van Sy opstanding nie. Jesus se opoffering was in profetiese form uitgebeeld in die offer van Abraham en ook in die inwyding van die Paasfees offer.

Jesus was ‘n mens wat ‘n sondelose lewe gelei het. Daarom kan Hy beide die menslike en Goddelike kante ‘aanraak’ en die groot gaping wat God en die mens skei, oorbrug. Hy is ‘n Brug tot die Lewe wat soos volg geullistreer kan word:

Jesus is die Brug wat die gaping tussen God en mens oorbrug.

Jesus is die Brug wat die gaping tussen God en mens oorbrug.

Neem kennis hoe die offer van Jesus aan ons gegee is. Dit is as ‘n ‘geskenk’ geoffer. Dink aan geskenke. As dit werklik ‘n geskenks is, is dit iets waarvoor jy nie werk nie en wat jy nie deur meriete of eer verdien nie. As jy dit verdien het, is die geskenk nie meer ‘n geskenk nie! Op dieselfe wyse kan jy nie die offer van Jesus verdien deur meriete of werke nie. Dit is aan jou gegee as ‘n geskenk. Dit is eenvoudig net so.

En wat is die ‘geskenk’? Dit is die ‘ewige lewe’. Dit beteken dat die sonde wat vir jou en en vir my die dood gebring het, is nou gekanselleer. Jesus se offer is ‘n brug waaroor jy kan gaan om aan te sluit by God en lewe te ontvang – lewe wat vir ewig duur. Hierdie geskenk is gegee deur Jesus wie, deur uit die dode op te staan, Homself bekend maak as die ‘Heer’. So magtig is dit.

So hoe gaan jy en ek oor hierdie Brug van Lewe wat aan ons geskenk is? Dink weer aan geskenke. As iemand na jou kom en vir jou ‘n geskenk gee, dan is dit iets waarvoor jy nie werk nie. Maar om enige voordele te trek uit die geskenk, moet jy dit ‘ontvang’. Enige tyd wanneer ‘n geskenk geoffer word, is daar twee opsies. Of die geskenk word geweier (“Nee dankie”) of dit word aanvaar (“Dankie vir die geskenk, ek sal dit aanvaar. ”) Net so ook, moet hierdie geskenk aanvaar word – dis so eenvoudig soos dit. Dit kan nie net geestelik bekragtig word, bestudeer word en verstaan word nie. Dit word geïllustreer in die volgende figuur waar ons ‘ loop ‘ op die Brug deur na God te draai, en die geskenk te aanvaar wat Hy ons aanbied.

Jesus se opoffering is ‘n geskenk wat elkeen van ons moet besluit om te aanvaar.

Jesus se opoffering is ‘n geskenk wat elkeen van ons moet besluit om te aanvaar.

So hoe ontvang ons hierdie geskenk? Die Bybel se dat Almal wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (Romeine 10:12)

Let op dat hierdie belofe vir ‘almal’ is. Sedert Hy uit die dode opgestaan het, is Jesus lewend, selfs nou ook, en Hy is ‘Heer’. So as jy Sy Naam aanroep sal Hy hoor, en Sy gesekenk aan jou uitreik. Jy het nodig om uit te roep na Hom, en Hom te vra deur ‘n gesprek met Hom te hê. Dalk het jy dit nog nooit gedoen nie. Hier is ‘n paar riglyne wat jou kan help om hierdie gesprek en gebed met Hom te hê. Dit is nie ‘n magiese inkantasie nie. Dit is nie die eintlike woorde wat die mag het nie. Dit is die vertroue wat Abraham gehad het, wat ons het in Sy abiliteit en gewilligheid om vir ons hierdie geskenk te gee. Soos ons Hom vertrou, sal Hy ons hoor en reaggeer. Die evangelie is kragtig en tog ook terselfde tyd so eenvoudig. Voel gerus vry om hierdie riglyne te volg terwyl jy hardop of saggies in jou gees praat met Jesus om hierdie geskenk te ontvang.

Liewe Here Jesus, ek verstaan dat ek van God geskei is deur die sondes in my lewe. Alhoewel ek baie hard kan probeer, sal geen poging of opoffering van my kant af hierdie skeiding kan oorbrug nie. Maar ek verstaan dat U dood ‘n opoffering was om alle sondes weg te was – selfs my sondes. Ek glo dat U uit die dode opgestaan het na U opoffering sodat ek kan weet dat U opoffering voldoende was. Ek vra U om my asseblief te reinig van my sondes en my oor te brug na God toe sodat ek die ewige lewe kan hê. Ek wil nie ‘n lewe lei waarin ek gebonde is aan sonde nie, so bevry my asseblief van sonde. Dankie Here Jesus dat U dit alles vir my doen en sal U my asseblief van nou af lei sodat ek U kan volg as my Heer.

Amen

Die Kenteken van Abraham se Offer

Abraham is een van die mees fundamentele karakters van die Ou Testatment wat ons help om die Evangelie te verstaan. Hy het 4000 jaar gelede gelewe in ‘n plek wat vandag bekend staan as Irak, en het gereis van daar om te gaan kamp opslaan in ‘n area wat vandag bekend staan as Israel. Die verslag in die Bybel is baie antiek maar tog is daar argeologiese opgrawings wat dit bevestig as ware geskiedenis. Onder die 17000 Ebla Tablette wat in Noord Sirië in 1975-6 ontdek is, en gedateer is as 4200 jaar oud, is daar melding gemaak van Sodom, Gemorrah, Admah, Zeboiim en Zoar as ‘stede van die Plein’, dit is dieselfde name en beskrywende frase wat gebruik is in Genesis 13:3 en Genesis 14:2 – die plekke waar Abraham sy ‘kampe’ opgeslaan het. Ons het dus uit die staanspoor rede om hierdie verslag ernstig op te neem en te glo dat sy verslag histories is. Hierdie verslag van Abraham was opgestel deur Moses in 1500 vC, ‘n paar honderd jaar na Abraham gelewe het.

Ek wil graag kyk na ‘n welbekende deel van die verslag van Abraham, waar God hom gevra het om sy enigste seun Isak, op te offer – die seun vir wie Abraham vir jare gewag het, en op wie Abraham alle hoop vir sy toekoms geplaas het.

Op hierdie stadium van sy lewe, kom Abraham sy grootste toets teë en dit gee ons ‘n ‘kykie’ in die Evangelie in. Ek moedig u aan om die volle verslag in Genesis te lees, betreffende die opoffering van sy seun hier

Die offer verwys na die toekoms

Volgens hierdie verslag kan ons sien dat dit ‘n toets was vir Abraham, tog was dit ook vir ons geskryf. Maar om dit ‘raak te sien’ moet ons kennis neem van ‘n paar observasies vanuit hierdie verslag. Hier is die pertinente deel van die verslag:

En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ’n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer. En Abraham het dié plek genoem: ‘Die HERE Sal Voorsien’ Sodat vandag nog gesê word: “Op die berg van die Here sal dit voorsien word.” (Genesis 22:13-14)

Let op die naam wat Abraham aan daardie plek gegee het waar sy toets plaasgevind het. Hy het dit genoem ‘Die HERE sal voorsien’. Die vraag wat ons moet vra is: ‘Is daardie naam in die verlede-, huidige- of toekomstige tyd geskryf?’ Dit is heel duidelik in die toekomstige tyd. Om nog meer duidelikheid te gee hieromtrent, die kommentaar wat volg (wat Moses ingesluit het toe hy hierdie verslag byeen gesit het in die Joodse Torah sowat 500 jaar later) herhaal “…sal dit voorsien word.” Weereens, hierdie woorde is in die toekomstige tyd en verwys dus na die toekoms. Die ram is egter geoffer in vers 13, so die benaming van die plek neem plaas na die offer van die ram (‘n manlike skaap) wat geoffer was in die plek van Isak. Baie mense dink, wanneer hulle die verslag lees van Abraham, wanneer hy die plek die naam gee, dat hy verwys na die ram wat in die bos vasgevang was en geoffer was instede van sy seun. Maar wanneer Abraham die plek benoem, is die ram reeds dood, geoffer en verbrand. As Abraham die ram in gedagte gehad het – wat reeds dood, geoffer en verbrand was – sou hy die plek genoem het ‘Die HERE het voorsien’, m.a.w., in die verlede tyd. So ook Moses, as hy gedink het aan die ram wat die plek van Abraham se seun ingeneem het, sou hy gesê het ‘En tot hierdie dag toe word daar gesê “Op die berg van die HERE was daar voorsien.” Dit is egter heel duidelik dat beide Abraham en Moses die toekomstige tyd gebruik met die benaming van die plek en dat hul dus nie gedink het aan daardie ram wat alreeds dood is nie.

Waar die offer plaasgevind het

So waaraan presies het hulle dan gedink? As ons soek na ‘n wenk, dan sal ons sien dat die plek waarheen God aan die begin van hierdie Kenteken vir Abraham gesê het om te gaan, was:

Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys. (vers 2).

Dit het plaasgevind in ‘Moría’. Maar waar is dit? Alhoewel dit ‘n wildernis area was in die dae van Abraham (2000 vC), het koning Dawid a duisend jaar later die stad van Jerusalem daar gestig en sy seun Salomo het die Eerste Joodse Tempel daar gebou. Ons lees later in die Ou Testament se historiese boeke dat:

En Salomo het die huis van die Here begin bou in Jerusalem op die berg Moría waar Hy aan sy vader Dawid verskyn het, op die plek wat Dawid reggemaak het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet. (2 Kronieke 3:1)

Met ander woorde, ‘Die Berg Moría’ was ‘n geïsoleerde bergtop in die wildernis gedurende die dae van Abraham maar 1000 jaar later, deur Dawid en Salomo het dit die sentrale stad en hoofstad van die Israeliete geword waar hul die Joodse Tempel gebou het. Tot vandag toe is dit ‘n heilige plek vir die Joodse mense.

Jesus en die Offer van Abraham

Hier vind ons dus ‘n direkte konneksie tussen Jesus en die Evangelie. Ons sien hierdie konneksie wanneer ons een van die titels van Jesus in ag neem. Daar was baie titels wat geassosieer was met Jesus. Die mees bekendste titel van Jesus was sekerlik die een, ‘Christus’. Daar was egter ‘n ander titel aan Hom gegee wat baie belangrik is. Ons sien dit in die Evangelie van Johannes wanneer Johannes die Doper sê:

Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom ’n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek. (Johannes 1:29-30)

Met ander woorde, Jesus was ook bekend as die ‘Lam van God.’ Dink nou aan die laaste dae van Jesus se lewe. Waar was Hy gearresteer en gekruisig? Dit was in Jerusalem (soos ons gesien het, is dit dieselfde plek as ‘Die Berg Moría’). Gedurende Sy arrestasie was die volgende baie duidelik gestel:

En nadat hy [Pilatus] verneem het dat Hy uit die magsgebied van Herodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae in Jerusalem was. (Lukas 23:7)

Met ander woorde, die arrestasie, verhoor en vonnisoplegging van Jesus het in Jerusalem plaasgevind (= Die Berg Moría). Die Romeense geskiedkundige Tacitus staaf die plek van Jesus se kruisiging as ‘Judea’, die Roomse provinsie waarvan Jerusalem die hoofstad was. Hy skryf:

“…Christus, die stigter van die naam, was doodgemaak deur Pontius Pilatus, prokurator van Judea in die regering van Tiberius; maar die skadelike bygelowigheid, wat onderdruk was vir ‘n wyle, het weer uitgebreek, nie slegs in Judea nie…” (Tacitus. Geskiedboeke XV.44. Hy was ‘n Romeense historikus wat in 116 nC geskryf het).

Jesus se dood is dus geplaas in Judea deur buite-Bybelse geskiedkundiges, wat ooreenstem met die Evanglies wat Sy dood in Jerusalem plaas. Die plek van Jesus se teregstelling was nie sommer uitgedink deur die Evangelie skrywers sodat dit kon ooreenstem met die Abraham verslag nie.

Maar kom ons keer nou terug na Abraham. Waarom het hy, grammatika gesproke, die toekomstige tyd gebruik toe hy daardie plek vernoem het?: ‘Die HERE sal voorsien”. ? Hoe kon hy geweet het dat iets ‘voorsien’ sou word in sy verre toekoms, wat op so ‘n presiese wyse ‘n spieëlbeeld sou wees van die toneel in die drama wat hy deurgemaak het op die Berg Moría? Dink hieraan – in daardie drama is Isak gered van die dood op die laaste oomblik deur ‘n lam wat in sy plek sterf. Twee duisend jaar later, word Jesus genoem die ‘Lam van God’ en word gearresteer en sterf op dieselfde plek – sodat jy en ek kan lewe!
Beide Abraham sowel as Moses het beweer dat dit deur God aan hulle geopenbaar was.

‘n Goddelike Intelligensie Openbaar Homself

Ja, inderdaad is dit asof daar ‘n Intelligensie is wat hierdie twee gebeure wat met 2000 jaar se geskiedenis van mekaar geskei is, hier aanmekaar koppel.

Die offer van Abraham was ‘n Kenteken wat 2000 jaar vooruit wys – om ons ernstig te laat dink oor die dood van Jesus.

Die offer van Abraham was ‘n Kenteken wat 2000 jaar vooruit wys – om ons ernstig te laat dink oor die dood van Jesus.

Wat dit egter so uniek maak is dat die eerste gebeure vooruit wys na die tweede gebeure twee duisend jaar later. Ons weet dat die vroeë gebeurtenis tot stand gebring was om vooruit te wys na die later gebeurtenis want die naam wat deur Abraham en Moses gegee was, is “die Here sal Voorsien”, met ander woorde, dit verwys vooruit na die toekoms. Die illustrasie hierbo demonstreer hoedat die vroeër gebeurtenis verwys na die later een en was tot strand gebring om ons te herinner aan die later gebeurtenis.

Dit is ‘n bewys dat hierdie Intelligensie Homself aan ons openbaar deur gebeure met mekaar te koppel al is daar ‘n verskil van duisende jare tussen die gebeure. In hierdie geval is dit inderdaad ‘n bewys dat God gespreek het.

Goeie Nuus vir jou en my

Hierdie verslag is ook ter sprake vir ons op ‘n meer persoonlike vlak. Aan die einde van die gesprek verklaar God aan Abraham dat:

“In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën wees, want jy het My gehoorsaam.” (Genesis 22:18)

As jy behoort aan een van die nasies op aarde (en dit is tog so!) dan moet hierdie belofte van belang wees vir jou want die belofte is dat jy ‘n ‘seëning’ van God self kan ontvang! Selfs net ‘n moontlikheid van ‘n ‘seëning’ van God behoort ons aan te spoor om verder ondersoek in te stel.

Maar hoe is hierdie ‘seëning’ gegee? Om mee te begin, die woord ‘saad’ hier, is in die enkelvoud. Dit is nie ‘sade’ soos baie nageslagte of mense nie, maar in die enkelvoud soos ‘hy’ – nie soos baie mense of ‘n groep mense soos ‘hulle’ nie. Weereens verwys dit na Jesus, die saad van Abraham. Net soos die ram Isak se lewe gered het deur in sy plek te sterf, net so red die Lam van God ons van die mag van die dood. Daar is geen twyfel nie, dat die goeie nuus van die Evangelie vooruitbepaal is in die merkwaardige verslag van opoffering van Isak op die berg Moría, dieselfde plek waar, 2000 jaar later, “dit voorsien was”.

Dit is egter nie net in die verslag van Abraham wat dit gebeur nie, ons sien dit ook in die Pasga verslag van Moses – een van die mees bekendste gebeure in die Bybel.