Skip to content

Maar korrup en beskadig (deel 2) en skiet mis

Ek het gekyk na hoe die Bybel ons beskryf as moreel geskende en korrupte mense wat oorspronklik na die beeld van God geskape was.  Die Orke van die ‘Middle Earth’  wat eers Elwe was en toe korrup geword het,  het vir my gedien as ‘n visuele beeld van ons eie korrupsie.  Maar hoe het dit gebeur, gesien vanuit die Bybelse standpunt?

Dit is opgeteken in die boek van Genesis, in die Bybel.  Kort nadat die eerste mense geskape is ‘na die beeld van God’, was hulle getoets.  Die gebeurtenis vertel van ‘n ontmoeting met ‘n ‘slang.’ Dit was nog altyd, universeel verstaan, dat die slang Satan is – ‘n engel wat’ n teenstander van God is.  In die Bybel konfronteer Satan gewoonlik sy teiken, by wyse van deur ‘n ander persoon te praat.  In hierdie opsig het hy deur ‘n slang gepraat.  Die tweegesprek is opgeteken as volg:

Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?”

Die vrou het die slang geantwoord: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.”

Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”

Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet.  Hulle altwee se oë gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere.

(Genesis 3: 1-6)

Die kern van hul keuse, en dus die versoeking, was dat hul ‘soos God’ kan wees.  Tot op hierdie punt het hulle onvoorwaardelik op God vertrou vir alles en Sy woord aanvaar vir alles.  Maar nou het hulle die keuse gehad om dit alles agter te laat, ‘soos God’ te word, op hulself te vertrou en hul eie woord te aanvaar vir alles.  Hulle kon self ‘gode’ word, die kaptein van hul eie skip wees, die meester van hul eie bestemming wees, selfregerend wees en sou net aan hulself verantwoording hoef te doen.  Lank voordat Dawkins die boek ‘The God Delusion’ geskryf het, het die eerste mense geval vir die eintlike god misleading: dat hulle ‘soos God’ kon wees.

Met hul verklaring van onafhanklikheid het iets verander in ons voorvaders.  Soos opgeskryf in die uittreksel in Genesis, was hulle gevul met skaamte en het probeer om hul liggame te bedek. Inderdaad, net daarna, toe God vir Adam konfronteer oor sy verbreking van die verbond, blameer hy vir Eva (en vir God wat haar geskape het).  Op haar beurt blameer sy die slang. Niemand wou verantwoordelikheid aanvaar nie.

Wat op daardie dag begin het, het voortgeduur, want ons het daardie selfde ingesteldheid geërf.  Dit is die rede waarom die Israeliete (in hierdie aflewering) van Hosea se tyd net soos Adam gehandel het – omdat hulle, (net soos ons) hierdie selfde ingesteldheid geërf het. Sommige mense maak die fout om te dink dat die Bybelse vertelling beteken dat ons te blameer is vir die rebellie van Adam.  Inteendeel, dit  is slegs Adam wat geblameer word, maar ons lewe met die gevolge van daardie rebellie.  Ons kan daaraan dink as genetiese erfenis.  Ons het hierdie muitzieke aard van Adam geërf en dus ingebore, byna onbewustelik, maar opsetlik gaan ons voort met die opstand wat hy begin het.  Ons mag dalk nie die god van die heelal wil wees nie, maar ons wil gode wees in ons omgewing; kapteine van ons eie skepe; onafhanklik van God.  Bon Jovi se lirieke “It’s my life”; die meer verhewe woorde: “I did it my way”; die Self tydskrifte wat oral te vinde is op ons winkel boekrakke is lighartige weerklankings van hierdie begeerte, terwyl Mein Kempf  (My Geveg) van Hitler en Noord Korea se leier Kim Jong-Un (bekend as “Liewe Leier”) se kultus van persoonlikheid baie donkerder weerklankings is.  Maar hulle is bewyse van die tendens in ons geaardheid wat deur Adam se rebellie veroorsaak is.

Dit verduidelik soveel van die menslike lewe, wat ons as vanselfsprekend aanvaar.  Hierdie is die rede dat mense oral slotte nodig het aan hul deure, hulle het die polisie nodig, prokureurs; geïnkripteerde wagwoorde vir banke – want in ons huidige ingesteldheid, sal ons mekaar besteel.  Dit is waarom ryke en samelewings uiteindelik sal verval en ineen stort, want die burgers in al hierdie ryke het die neiging om te verval.  Dit is die rede waarom, nadat all vorme van regering en eknomiese stelsels op die proef gestel is, en hoewel sommige beter werk as ander, stort elke politieke of ekonomiese stelsel uiteindelik ineen – want die mense wat met hierdie  ideologieë lewe, is geteister deur neigings wat uiteindelik die hele stelsel af sleep.

Dit is die rede waarom geen godsdiens ten volle die visie vir sy gemeenskap volbring het nie – maar die ateïstiese godsdienste het ook nie hul visies volbring nie (dink aan Stalin se Sowjet-Unie, Mao se China, Pol Pot se Kambodja ) – dit is omdat daar iets is oor die manier waartoe ons geneig is, wat veroorsaak dat ons ons visie mis.

Die woord ‘ mis ‘ som ons situasie goed op. ‘n Vers uit die Ou Testament skilder ‘n prentjie wat my gehelp het om dit beter te verstaan. Daar staan:

In daardie hele leër was daar sewe honderd knap soldate, almal links. Hulle kon keer op keer ‘n haar raakgooi met ‘n klip uit ‘n slingervel sonder om te mis. (Rigters 20:16)

Hierdie verse beskryf soldate wat kundiges is met die gebruik van slingervelle en sal nooit mis nie. Die woord ’mis’ in Hebreeus vertaal is יַחֲטִֽא: (uitgespreek Khaw – TAW ).

Wat interessant is, is dat hierdie selfde Hebreeuse woord ook vertaal word as sonde in meeste gevalle in die Ou Testament. Byvoorbeeld, dieselfde Hebreeuse woord is ‘sonde’ toe Josef, as verkoopte slaaf in Egipte, nie egbreek wou pleeg met sy meester se vrou nie, selfs al het sy hom gesmeek. Hy het vir haar gesê:

“Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe kan ek so ‘n verkeerde ding doen? Ek sal mos teen God sondig!” (Genesis 39:9)

En net na die Tien Gebooie gegee is staan daar:

Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie, want God het gekom om julle te toets. Hy wil hê julle moet ontsag hê vir Hom en nie sondig nie.” (Exodus 20:20)

In beide hierde verse is dieselfde Hebreuse woord, יַחֲטִֽא׃ , wat vertaal is as ‘sonde’.  Dit is presies dieselfde woord as ‘mis’ soos gebruik deur soldate wat klippe slinger na hul teikens, en is ook dieselfde in hierdie verse waar die woord sonde beteken wanneer dit gaan oor hoe mense mekaar behandel.  Die volgende voorstelling skilder ‘n prentjie om ons te help verstaan wat ‘sonde’ is:  Die soldaat neem ‘n klip en slinger dit na die teiken. As dit mis het hy gefaal om sy doel te bereik.  Op dieselfde manier, is ons geskape na die beeld van God om die teiken raak te skiet betreffende hoe ons teenoor God handel en hoe ons ander mense behandel.

Om te ‘sondig’ is om die doel of teiken wat vir ons bedoel was, en wat ons in ons verskeie sisteme, gelowe en ideologieë ook vir ons self bestem het, te mis.

Hierdie prentjie van korruptheid en die teiken mis is nie ‘n mooi prentjie nie. Dit bring nie ‘n goeie gevoel mee nie en dit is ook nie optimisties nie. Oor die jare het ek ervaar dat mense sterk gereaggeer het oor hierdie spesifieke Bybelse leerstelling.  Ek onthou dat ‘n universiteits student met woede na my gekyk het en gesê het, “Ek glo jou nie want ek hou nie van wat jy sê nie.”  Ek vind dit nogal vreemd. As mens van iets ‘hou’, wat het dit te doen met die feit daardie iets die waarheid is of nie?  Ek hou nie van belasting, oorloë, VIGS en aardbewings nie – ek twyfel of enigiemand daarvan hou – maar dit laat nie daardie dinge verdwyn nie, net so min kan ek enige van daardie dinge ignoreer. Al die sisteme van wette, polisie, slotte, sleutels, sekuriteit ens. wat ons in ons samelewing tot stand gebring het en as vanselfsprekend aanvaar om onsself te beskerm teen mekaar is aanduidend dat daar iets fout is.  Hierdie Bybelse leerstelling verdien om  ten minste in ag geneem te word sonder bevooroordeling.

So nou het ons ‘n probleem.  Ons het korrup geword vanaf ons oorspronklike toestand, die beeld waarna ons geskape is, is geskend en wanneer dit by ons morele aksies kom kan ons die teiken nie raaksiet nie.  Maar God het ons nie daar gelaat om rond te ploeter in ons hulpeloosheid nie.  Hy het ‘n plan ingestel, waarvan ons ‘n kykie gehad het in die Tekens van Abraham en die Pasga.  Hierdie was ‘n plan om ons red en dit is waarom die Evangelie letterlik die ‘goeie nuus’ beteken – want hierdie plan is die goeie nuus wat ons nodig het om hoor en te ontvang.  Maar God het nie gewag tot Abraham se opwagting om hierdie nuus te verkondig nie.  Inderdaad, Hy het dit die eerste maal genoem in Sy gesprek met Adam en Eva baie lank terug in die tuin van Eden.  Ons kyk na hierdie eerste Goeie Nuus aankondiging hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *