Tag Archives: Die val van Adam

Maar korrup en beskadig (deel 2) en skiet mis

Ek het gekyk na hoe die Bybel ons beskryf as moreel geskende en korrupte mense wat oorspronklik na die beeld van God geskape was.  Die Orke van die ‘Middle Earth’  wat eers Elwe was en toe korrup geword het,  het vir my gedien as ‘n visuele beeld van ons eie korrupsie.  Maar hoe het dit gebeur, gesien vanuit die Bybelse standpunt?

Dit is opgeteken in die boek van Genesis, in die Bybel.  Kort nadat die eerste mense geskape is ‘na die beeld van God’, was hulle getoets.  Die gebeurtenis vertel van ‘n ontmoeting met ‘n ‘slang.’ Dit was nog altyd, universeel verstaan, dat die slang Satan is – ‘n engel wat’ n teenstander van God is.  In die Bybel konfronteer Satan gewoonlik sy teiken, by wyse van deur ‘n ander persoon te praat.  In hierdie opsig het hy deur ‘n slang gepraat.  Die tweegesprek is opgeteken as volg:

Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?”

Die vrou het die slang geantwoord: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.”

Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”

Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet.  Hulle altwee se oë gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere.

(Genesis 3: 1-6)

Die kern van hul keuse, en dus die versoeking, was dat hul ‘soos God’ kan wees.  Tot op hierdie punt het hulle onvoorwaardelik op God vertrou vir alles en Sy woord aanvaar vir alles.  Maar nou het hulle die keuse gehad om dit alles agter te laat, ‘soos God’ te word, op hulself te vertrou en hul eie woord te aanvaar vir alles.  Hulle kon self ‘gode’ word, die kaptein van hul eie skip wees, die meester van hul eie bestemming wees, selfregerend wees en sou net aan hulself verantwoording hoef te doen.  Lank voordat Dawkins die boek ‘The God Delusion’ geskryf het, het die eerste mense geval vir die eintlike god misleading: dat hulle ‘soos God’ kon wees.

Met hul verklaring van onafhanklikheid het iets verander in ons voorvaders.  Soos opgeskryf in die uittreksel in Genesis, was hulle gevul met skaamte en het probeer om hul liggame te bedek. Inderdaad, net daarna, toe God vir Adam konfronteer oor sy verbreking van die verbond, blameer hy vir Eva (en vir God wat haar geskape het).  Op haar beurt blameer sy die slang. Niemand wou verantwoordelikheid aanvaar nie.

Wat op daardie dag begin het, het voortgeduur, want ons het daardie selfde ingesteldheid geërf.  Dit is die rede waarom die Israeliete (in hierdie aflewering) van Hosea se tyd net soos Adam gehandel het – omdat hulle, (net soos ons) hierdie selfde ingesteldheid geërf het. Sommige mense maak die fout om te dink dat die Bybelse vertelling beteken dat ons te blameer is vir die rebellie van Adam.  Inteendeel, dit  is slegs Adam wat geblameer word, maar ons lewe met die gevolge van daardie rebellie.  Ons kan daaraan dink as genetiese erfenis.  Ons het hierdie muitzieke aard van Adam geërf en dus ingebore, byna onbewustelik, maar opsetlik gaan ons voort met die opstand wat hy begin het.  Ons mag dalk nie die god van die heelal wil wees nie, maar ons wil gode wees in ons omgewing; kapteine van ons eie skepe; onafhanklik van God.  Bon Jovi se lirieke “It’s my life”; die meer verhewe woorde: “I did it my way”; die Self tydskrifte wat oral te vinde is op ons winkel boekrakke is lighartige weerklankings van hierdie begeerte, terwyl Mein Kempf  (My Geveg) van Hitler en Noord Korea se leier Kim Jong-Un (bekend as “Liewe Leier”) se kultus van persoonlikheid baie donkerder weerklankings is.  Maar hulle is bewyse van die tendens in ons geaardheid wat deur Adam se rebellie veroorsaak is.

Dit verduidelik soveel van die menslike lewe, wat ons as vanselfsprekend aanvaar.  Hierdie is die rede dat mense oral slotte nodig het aan hul deure, hulle het die polisie nodig, prokureurs; geïnkripteerde wagwoorde vir banke – want in ons huidige ingesteldheid, sal ons mekaar besteel.  Dit is waarom ryke en samelewings uiteindelik sal verval en ineen stort, want die burgers in al hierdie ryke het die neiging om te verval.  Dit is die rede waarom, nadat all vorme van regering en eknomiese stelsels op die proef gestel is, en hoewel sommige beter werk as ander, stort elke politieke of ekonomiese stelsel uiteindelik ineen – want die mense wat met hierdie  ideologieë lewe, is geteister deur neigings wat uiteindelik die hele stelsel af sleep.

Dit is die rede waarom geen godsdiens ten volle die visie vir sy gemeenskap volbring het nie – maar die ateïstiese godsdienste het ook nie hul visies volbring nie (dink aan Stalin se Sowjet-Unie, Mao se China, Pol Pot se Kambodja ) – dit is omdat daar iets is oor die manier waartoe ons geneig is, wat veroorsaak dat ons ons visie mis.

Die woord ‘ mis ‘ som ons situasie goed op. ‘n Vers uit die Ou Testament skilder ‘n prentjie wat my gehelp het om dit beter te verstaan. Daar staan:

In daardie hele leër was daar sewe honderd knap soldate, almal links. Hulle kon keer op keer ‘n haar raakgooi met ‘n klip uit ‘n slingervel sonder om te mis. (Rigters 20:16)

Hierdie verse beskryf soldate wat kundiges is met die gebruik van slingervelle en sal nooit mis nie. Die woord ’mis’ in Hebreeus vertaal is יַחֲטִֽא: (uitgespreek Khaw – TAW ).

Wat interessant is, is dat hierdie selfde Hebreeuse woord ook vertaal word as sonde in meeste gevalle in die Ou Testament. Byvoorbeeld, dieselfde Hebreeuse woord is ‘sonde’ toe Josef, as verkoopte slaaf in Egipte, nie egbreek wou pleeg met sy meester se vrou nie, selfs al het sy hom gesmeek. Hy het vir haar gesê:

“Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe kan ek so ‘n verkeerde ding doen? Ek sal mos teen God sondig!” (Genesis 39:9)

En net na die Tien Gebooie gegee is staan daar:

Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie, want God het gekom om julle te toets. Hy wil hê julle moet ontsag hê vir Hom en nie sondig nie.” (Exodus 20:20)

In beide hierde verse is dieselfde Hebreuse woord, יַחֲטִֽא׃ , wat vertaal is as ‘sonde’.  Dit is presies dieselfde woord as ‘mis’ soos gebruik deur soldate wat klippe slinger na hul teikens, en is ook dieselfde in hierdie verse waar die woord sonde beteken wanneer dit gaan oor hoe mense mekaar behandel.  Die volgende voorstelling skilder ‘n prentjie om ons te help verstaan wat ‘sonde’ is:  Die soldaat neem ‘n klip en slinger dit na die teiken. As dit mis het hy gefaal om sy doel te bereik.  Op dieselfde manier, is ons geskape na die beeld van God om die teiken raak te skiet betreffende hoe ons teenoor God handel en hoe ons ander mense behandel.

Om te ‘sondig’ is om die doel of teiken wat vir ons bedoel was, en wat ons in ons verskeie sisteme, gelowe en ideologieë ook vir ons self bestem het, te mis.

Hierdie prentjie van korruptheid en die teiken mis is nie ‘n mooi prentjie nie. Dit bring nie ‘n goeie gevoel mee nie en dit is ook nie optimisties nie. Oor die jare het ek ervaar dat mense sterk gereaggeer het oor hierdie spesifieke Bybelse leerstelling.  Ek onthou dat ‘n universiteits student met woede na my gekyk het en gesê het, “Ek glo jou nie want ek hou nie van wat jy sê nie.”  Ek vind dit nogal vreemd. As mens van iets ‘hou’, wat het dit te doen met die feit daardie iets die waarheid is of nie?  Ek hou nie van belasting, oorloë, VIGS en aardbewings nie – ek twyfel of enigiemand daarvan hou – maar dit laat nie daardie dinge verdwyn nie, net so min kan ek enige van daardie dinge ignoreer. Al die sisteme van wette, polisie, slotte, sleutels, sekuriteit ens. wat ons in ons samelewing tot stand gebring het en as vanselfsprekend aanvaar om onsself te beskerm teen mekaar is aanduidend dat daar iets fout is.  Hierdie Bybelse leerstelling verdien om  ten minste in ag geneem te word sonder bevooroordeling.

So nou het ons ‘n probleem.  Ons het korrup geword vanaf ons oorspronklike toestand, die beeld waarna ons geskape is, is geskend en wanneer dit by ons morele aksies kom kan ons die teiken nie raaksiet nie.  Maar God het ons nie daar gelaat om rond te ploeter in ons hulpeloosheid nie.  Hy het ‘n plan ingestel, waarvan ons ‘n kykie gehad het in die Tekens van Abraham en die Pasga.  Hierdie was ‘n plan om ons red en dit is waarom die Evangelie letterlik die ‘goeie nuus’ beteken – want hierdie plan is die goeie nuus wat ons nodig het om hoor en te ontvang.  Maar God het nie gewag tot Abraham se opwagting om hierdie nuus te verkondig nie.  Inderdaad, Hy het dit die eerste maal genoem in Sy gesprek met Adam en Eva baie lank terug in die tuin van Eden.  Ons kyk na hierdie eerste Goeie Nuus aankondiging hier.

Maar hulle het ontaard en korrup geword….soos die “orcs” van “Middle Earth”

In my vorige aflewering het ek gekyk na die bybelse beginsel van hoe ons onsself en ander moet sien – dat ons na die beeld van God geskape is.  Maar die Bybel brei verder uit op hierdie fondasie.  Die Psalms is ‘n versameling van gewyde liedere en gedigte en Psalm 14 was sowat 1000 V.C. deur Koning Dawid geskryf en dit is ‘n rekord van die stand van sake vanuit God se oogpunt.

2 Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra.

3 Almal het afgedwaal, die laaste een het ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, selfs nie één nie. (Psalm 14: 2-3)

Die frase “het ontaard” word gebruik om die hele mensdom te beskryf.  Dit is duidelik dat hierdie toestand waarin ons verval het, in teenstelling is met ons oorspronklike toestand, toe ons “na die beeld van God” geskape was.  Hierdie frase maak die stelling dat die korrupsie gedemonstreer word in die doelbewuste onafhanklikheid van God (“almal het afgedwaal”  van “na die wil van God te vra”) en “daar is niemand wat goed doen nie”.

Dink aan die Elwe en Orke

Orke was in baie opsigte afskuwelik. Hulle was egter net korrupte afstammelinge van die Elwe.

Orke was in baie opsigte afskuwelik.  Hulle was egter net korrupte afstammelinge van die Elwe.

Om dit beter te begryp, en as ullistrasie, dink aan die orke van “Middle Earth” in die rolprent “Lord of the Rings”.  Orke was afskuwelike wesens in voorkoms, gedrag,  asook in hoe hulle die aarde behandel het. Tog, hulle was orke wat afkomstig was van elwe, wat korrup geword het deur Sauron.  Wanneer jy die statige majestueuse harmonie en tiepe verhouding sien wat die elwe met die natuur gehad het (dink maar aan Legalos en die elwe van Lothlorien) en dan in ag

neem dat orke eers elwe was wat “korrup geword het” sal jy ‘n idee hê van wat hier van die mense gesê is.  God se intensie was vir elwe, maar wat Hy gevind het was orke.

Die elwe was edel en majestueus

Die elwe was edel en majestueus

Dit pas presies in by dit wat waargeneem kan word op universele vlak, oor ons – dat niemand volgens hul morele oordeel van reg en verkeerd lewe nie. Onthou dat ons gesien het dat ons ‘n inherente, ‘ingeboude morele taal’ besit. Ons kan morele redenasie toepas en erken ‘regte’ en ‘verkeerde’ handelinge.  Die probleem is egter dat niemand eintlik volgens hierdie beginsels lewe nie.

Dit is waarom dit soms moeilik is om te erken dat ons ‘n morele taal het – want ons neem nie altyd hierdie morele sin waar in ons eie handelinge en in die van ander nie.  Dit is soos ‘n rekenaar virus wat die oorspronklike program van die rekenaar affekteer.  Ons morele taal is daar – maar die virus het dit korrup gemaak.

Ons arriveer dus by die volgende perspektief wat insiggewend is: Die Bybelse uitgangspunt van mense as bewuste, persoonlike en morele wesens, maar dan ook korrup, pas in met wat ons oor onsself waarneem.  Dit is presies in die kol in die beoordeling van die mens deur in aanmerking te neem die intrinsieke morele natuur in ons wat maklik oor die hoof gesien kan word aangesien ons aksies nooit werklik ooreenstem met wat hierdie morele natuur eis van ons nie – as gevolg van hierdie korrupsie.  Die bybelse skoen pas die menslike voet.  Dit  opper egter ‘n ooglopende vraag: waarom het God ons so geskape – met ‘n morele natuur maar dat ons dan korrup kon word?  Die ateïs Christopher Hitchens kla soos volg:  :  “…As God regtig wou he mense moes vry wees van sulke gedagtes [ dit wil sê, korrupte gedagtes ] moes Hy meer sorg geneem het om ‘n ander spesie te bedink.”  ” Christopher Hitchens. 2007 God is nie groot nie : Hoe godsdiens alles bederf. Bldsy . 100

Maar in sy haas om die Bybel aan te val, is dit juis waar hy iets baie belangriks mis. Die Bybel sê nie dat God ons so gemaak het nie, maar dat iets verskrikliks gebeur het sedert die aanvanklike skepping en dus hierdie moeilike stand van sake teweeg gebring het.  ‘n Belangrike gebeurtenis het plaasgevind in die mens se geskiedenis ná ons skepping.  Die eerste mense het God uitgedaag, soos opgeteken in Genesis, en in hul verset het hulle verander en ontaard.

Die Val van die Mens

Hierdie belangrike gebeurtenis in die mens se geskiedenis word dikwels genoem Die Val.  Ons kan dit dalk beter verstaan as ons dink oor wat Adam, die eerste mens, in die gesig gestaar het in sy verhouding met God, toe hy geskape was. Om tot verdere insigte te kom, wend ons onsself tot ‘n middel-8ste eeu vC Ou Testament profeet, Hosea.  Soos hy vertel in sy boek, het sy vrou herhaaldelik egbreuk gepleeg en vele kere die huis verlaat om buite egtelike verhoudings aan te knoop.

Ten midde van sy pyn en die verraad het God hom beveel om sy vrou te gaan vind, versoen te raak met haar , en haar terug te wen.  Hierdie episode word dan gebruik as voorbeeld om te wys hoe, in God se oë , die Israeliete in daardie tyd  soos ‘n egbreker was, maar God soos Hosea, was bereid om met hulle versoen te raak as hulle net tot inkeer wou kom en terugkeer na Hom.  In daardie pleidooi word ‘n vergelyking met Adam gemaak:

Wat moet Ek met jou doen, Efraim? Wat moet Ek met jou doen, Juda? Julle liefde is soos ‘n môrewolkie: dit verdwyn so vinnig soos dou….Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers. Net soos Adam destyds, het julle weer die verbond met My verbreek en was julle ontrou aan My.  (Hosea 6: 4-7)

Met ander woorde, wat die Israeliete van Hosea se dag gedoen het, was om voort te gaan waarmee Adam , die eerste mens, begin het.

Daar was ‘n ooreenkoms tussen God en Adam , soortgelyk aan ‘n huweliks kontrak van getrouheid, en Adam het dit verbreek.

Die boek Genesis vertel dat Adam geëet het van die boom van die kennis van goed en kwaad.  Daar was ‘n verbond of ooreenkoms tussen God en Adam dat hy nie sou eet van daardie boom nie – al die ander was beskikbaar vir hom. Dit was nie dat daar iets spesiaal in die boom self was nie, maar die teenwoordigheid daarvan het Adam ‘n vrye keuse gegee om te bepaal om getrou te bly aan God of nie.  Adam was geskep as ‘n bewuste persoon, wat op die selfde oomblik van sy skepping ook in vriendskap met God geplaas was.  Adam het geen keuse gehad rakende sy skepping nie, maar God het vir hom die geleentheid gegee om te kies oor sy vriendskap met God en hierdie keuse was gesentreerd in die opdrag om nie van daardie spesifieke boom te eet nie.  In die volgende aflewering kyk ons van naderby na hierdie gebeurtenis, en hoe en in watter opsig ons mis skiet.