Category Archives: algemene vrae

Kragtige Eenvoud: Wat is die besondere betekenis van Jesus se opoffering?

Jesus het gekom om Homself op te offer aan die mensdom. Hierdie boodskap was aangekondig aan die begin van die geskiedenis van die mens, en is beaam met ‘n Goddelike kenteken in die offer van Abraham en in die Pasga offer, met verdere besonderhede wat voorspel was in verskeie profesieë in die Ou Testament. Waarom was Sy dood so belangrik dat daar noodwendig soveel klem op gevestig moes word? Dit is ‘n vraag wat goed oordink behoort te word. Die Bybel verkondig die volgende stelling, wat soos ‘n wet klink:

Die loon wat die sonde gee, is die dood…(Romeine 6:23)

“Dood” beteken letterlik ‘skeiding’. Wanneer ons siel skei van ons liggaam, gaan ons fisies dood. Op ‘n soortgelyke wyse is ons spiritueel geskei van God. Dit is so omdat God Heilig is (sonder sonde) terwyl ons korrup geword het sedert ons oorspronklike skepping en daarom sondig ons.

Ons is geskei van God deur ons sonde, soos ‘n afgrond tussen twee kranse

Ons is geskei van God deur ons sonde, soos ‘n afgrond tussen twee kranse

Hierdie skeiding word in die voorstelling hier bo uitgebeeld waar ons op ‘n krans is en God op die krans oorkant ons, geskei deur die bodemlose afgrond tussen ons. Soos ‘n tak wat dood is omdat dit afgebreek is van ‘n boom, so het ons onsself afgebreek van God en gevolglik het ons spiritueel dood gegaan.

Hierdie skeiding veroorsaak ‘n skuldgevoel en vrees. Normaalweg wat ons dan doen is om brȗe te probeer bou in ‘n poging om ons van ons kant (van die dood) te neem tot aan God se kant. Ons doen dit op verskillende wyses: om kerk, temple of moskee toe te gaan, om goedsdienstig te wees, om goed en hulpvaardig te wees, om te mediteer, om te probeer om meer hulpvaardig te wees, om meer te bid, ens. Hierdie lys van dade om meriete in te win kan ‘n baie lang lys wees vir sommige van ons – en om te probeer om hierdie dade en werke uit te leef in die praktyk kan baie gekompliseerd raak. Dit word uitgebeeld in die volgende voorstelling:

Goeie Pogings – hoe nuttig hul ook mag wees, kan nie die skeiding tussen ons en God oorbrug nie.

Goeie Pogings – hoe nuttig hul ook mag wees, kan nie die skeiding tussen ons en God oorbrug nie.

Die probleem is dat ons pogings, meriete, opofferings en mooi dade – wat op sigselwers nie sleg is nie, onvoldoende is omdat die betaling wat geverg word (die ‘loon’) van die sonde die ‘dood’ is. Ons pogings is soos ‘n brug wat poog om die skeiding tussen ons en God te oorbrug, maar op die ou end kan dit nie ver genoeg strek oor die kloof om die ander kant te bereik nie. Daarom, al is godsdienstige of morele pogings nie sleg nie, kan dit nie ons probleem by die wortel, by die oorsaak, op los nie. Dit is soos om kanker (wat tot die dood lei) te probeer genees deur ‘n vegetariese diëet te volg. Om ‘n vegetariese diëet te volg is nie sleg nie, maar dit gaan nie die kanker genees nie. Vir die kuur of genesing daarvan het mens ‘n totaal verskillende behandeling nodig.

Tot dusver is hierdie Wet net Slegte Nuus – dit is so sleg dat ons dikwels nie eens daarvan wil hoor nie en dan vul ons ons lewens met aktiwiteite en dinge in die hoop dat hierdie Wet net sal weg gaan.

Maar net soos wat ‘n kuur vir kanker betekenis aanneem vir ons wanneer ons hoor dat ons wel kanker het, so benadruk die Bybel hierdie Wet van sonde en die dood om ons belangstelling te prikkel in die kuur wat eenvoudig, maar kragtig is.

Die loon wat die sonde gee is die dood maar… (Romeine 6:23)

Die klein woordjie ‘maar’ dui aan dat die rigting van die boodskap op die punt staan om terug te draai na die Evangelie – die kuur, die genesing.

Die loon wat die sonde gee, is die dood; (maar) die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. (Romeine 6:23)

Die goeie nuus van die evangelie is dat die opoffering van Jesus se dood voldoende is om hierdie skeiding tussen ons en God te oorbrug. Ons weet dit omdat Jesus drie dae na Sy dood weer opgestaan het, en lewend geword het in ‘n fisiese opstanding. Alhoewel sommige mense vandag verkies om nie te glo in die opstanding van Jesus nie, is meeste mense eenvoudig nie ingelig oor die geloofwaardige bewyse van Sy opstanding nie. Jesus se opoffering was in profetiese form uitgebeeld in die offer van Abraham en ook in die inwyding van die Paasfees offer.

Jesus was ‘n mens wat ‘n sondelose lewe gelei het. Daarom kan Hy beide die menslike en Goddelike kante ‘aanraak’ en die groot gaping wat God en die mens skei, oorbrug. Hy is ‘n Brug tot die Lewe wat soos volg geullistreer kan word:

Jesus is die Brug wat die gaping tussen God en mens oorbrug.

Jesus is die Brug wat die gaping tussen God en mens oorbrug.

Neem kennis hoe die offer van Jesus aan ons gegee is. Dit is as ‘n ‘geskenk’ geoffer. Dink aan geskenke. As dit werklik ‘n geskenks is, is dit iets waarvoor jy nie werk nie en wat jy nie deur meriete of eer verdien nie. As jy dit verdien het, is die geskenk nie meer ‘n geskenk nie! Op dieselfe wyse kan jy nie die offer van Jesus verdien deur meriete of werke nie. Dit is aan jou gegee as ‘n geskenk. Dit is eenvoudig net so.

En wat is die ‘geskenk’? Dit is die ‘ewige lewe’. Dit beteken dat die sonde wat vir jou en en vir my die dood gebring het, is nou gekanselleer. Jesus se offer is ‘n brug waaroor jy kan gaan om aan te sluit by God en lewe te ontvang – lewe wat vir ewig duur. Hierdie geskenk is gegee deur Jesus wie, deur uit die dode op te staan, Homself bekend maak as die ‘Heer’. So magtig is dit.

So hoe gaan jy en ek oor hierdie Brug van Lewe wat aan ons geskenk is? Dink weer aan geskenke. As iemand na jou kom en vir jou ‘n geskenk gee, dan is dit iets waarvoor jy nie werk nie. Maar om enige voordele te trek uit die geskenk, moet jy dit ‘ontvang’. Enige tyd wanneer ‘n geskenk geoffer word, is daar twee opsies. Of die geskenk word geweier (“Nee dankie”) of dit word aanvaar (“Dankie vir die geskenk, ek sal dit aanvaar. ”) Net so ook, moet hierdie geskenk aanvaar word – dis so eenvoudig soos dit. Dit kan nie net geestelik bekragtig word, bestudeer word en verstaan word nie. Dit word geïllustreer in die volgende figuur waar ons ‘ loop ‘ op die Brug deur na God te draai, en die geskenk te aanvaar wat Hy ons aanbied.

Jesus se opoffering is ‘n geskenk wat elkeen van ons moet besluit om te aanvaar.

Jesus se opoffering is ‘n geskenk wat elkeen van ons moet besluit om te aanvaar.

So hoe ontvang ons hierdie geskenk? Die Bybel se dat Almal wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (Romeine 10:12)

Let op dat hierdie belofe vir ‘almal’ is. Sedert Hy uit die dode opgestaan het, is Jesus lewend, selfs nou ook, en Hy is ‘Heer’. So as jy Sy Naam aanroep sal Hy hoor, en Sy gesekenk aan jou uitreik. Jy het nodig om uit te roep na Hom, en Hom te vra deur ‘n gesprek met Hom te hê. Dalk het jy dit nog nooit gedoen nie. Hier is ‘n paar riglyne wat jou kan help om hierdie gesprek en gebed met Hom te hê. Dit is nie ‘n magiese inkantasie nie. Dit is nie die eintlike woorde wat die mag het nie. Dit is die vertroue wat Abraham gehad het, wat ons het in Sy abiliteit en gewilligheid om vir ons hierdie geskenk te gee. Soos ons Hom vertrou, sal Hy ons hoor en reaggeer. Die evangelie is kragtig en tog ook terselfde tyd so eenvoudig. Voel gerus vry om hierdie riglyne te volg terwyl jy hardop of saggies in jou gees praat met Jesus om hierdie geskenk te ontvang.

Liewe Here Jesus, ek verstaan dat ek van God geskei is deur die sondes in my lewe. Alhoewel ek baie hard kan probeer, sal geen poging of opoffering van my kant af hierdie skeiding kan oorbrug nie. Maar ek verstaan dat U dood ‘n opoffering was om alle sondes weg te was – selfs my sondes. Ek glo dat U uit die dode opgestaan het na U opoffering sodat ek kan weet dat U opoffering voldoende was. Ek vra U om my asseblief te reinig van my sondes en my oor te brug na God toe sodat ek die ewige lewe kan hê. Ek wil nie ‘n lewe lei waarin ek gebonde is aan sonde nie, so bevry my asseblief van sonde. Dankie Here Jesus dat U dit alles vir my doen en sal U my asseblief van nou af lei sodat ek U kan volg as my Heer.

Amen

Van waar kom ‘Christus’ van Jesus Christus?

Ek vra soms vir mense wat hulle dink Jesus se van was.  Gewoonlik antwoord hulle iets soos, “Ek dink sy van was ‘Christus’ maar ek is nie seker nie.”  Dan vra ek,  “As dit so was, toe Jesus ‘n klein seuntjie was, het  Josef Christus en Maria Christus hom na die mark geneem?” Wanneer dit so gestel word, besef hulle dat ‘Christus’ nie Jesus se van was nie. Nou, wat is ‘Christus’ dan? Van waar kom dit? Wat beteken dit?  Dit is wat ons in hierdie artikel gaan ondersoek.

 Vertaling vs Transliteraisie

Eerstens moet ons die basiese beginsels van vertaling verstaan.  Vertalers probeer om die mees akkurate betekenis uit te beeld. Daarom word ‘n woord-vir-woord benadering nie altyd gebruik nie.  Nietemin, vertalers verkies soms om te vertaal volgens die klank van ‘n woord instede van die betekenis daarvan, veral in die geval van name of titels. Hierdie metode staan bekend as transliterasie. Byvoorbeeld, die naam ‘Petrus’ is ‘n transliterasie van die Griekse naam Πέτρος  (Petros), wat ‘rots’ beteken in Grieks. Die naam was gegee as ‘Petrus’ omdat dit eenders klink (Petrus klink soos Petros) instede daarvan om die betekenis van die naam te gebruik. Dieselfde naam in Frans is Pierre, wat ‘rots’ beteken. So dieselfde naam is vanuit Grieks na  Frans gegee deur middel van betekenis (vertaling) instede om van die klank metode (transliterasie) gebruik te maak. So vir die Bybel, moes die vertalers besluit of woorde (veral name en titels) beter sou dien in die ontvanger taal deur die vertaling metode (betekenis) of deur die transliterasie metode (klank) te gebruik.  Daar is geen spesifieke reël nie, soms is dit beter om te vertaal, ander tye beter om transliterasie te gebruik.

Laat ons nou hierdie beginsels soos ‘n laag op ‘n laag aanwend op die geskiedenis van Bybelse vertaling.  Die eerste vertaling van die Bybel was wanneer die Hebreeuse Ou Testament in Grieks vertaal was in ongeveer 250vC.  Hierdie vertaling staan bekend as die Septuagint (of LXX) en dit het ‘n enorme invloed op die Westerse wêreld uitgeoefen.  Die mees belangrikste feit in hierdie opsig is, dat aangesien die Ou Testament in Grieks geskryf was, wanneer die Nuwe Testament skrywers vanuit die Ou Testament aangehaal het (wat hul dikwels gedoen het) het hulle die Griekse Septuagint gebruik in hul aanhalings instede daarvan om die Hebreeuse Ou Testament te kwoteer.

Vertaling & Transliterasie in die Septuagint

Die onderstaande tabel toon aan hoe dit alles ‘n impak het op hedendaagse Bybels waar stadiums van vertalings in kwadrante aangedui word.

where does Christ come from

Hierdie dui die wending van vertalings aan vanuit die oorpsronklike na die hedendaagse Bybel.

Die oorspronklike Hebreeuse Ou Testament is in kwadrant #1 en is toeganklik gemaak vandag in die Masoretiese teks en die Dooie See Boekrolle.  Die Griekse Nuwe Testament is in kwadrant #2.  Maar omdat die Septuagint ‘n Hebreeuse [Symbol]Griekse vertaling was word dit aangedui as ‘n pyl wat van kwadrant #1 na #2 gaan sodat #2 beide Ou en Nuwe Testatmente bevat.  In die onderste helfe (#3) is die moderne taal waarin die Bybel vertaal is. Die vertalers moes besluit of woorde in die ontvanger-taal beter sou wees deur vertaling of transliterasie, soos hier bo verduidelik.  Hierdie word ge-ullistreer deur die groen pyle, gemerk transliterasie en vertaling aan beide kante van die pyle, wat aandui dat die vertalers hul werk met enige van die twee metodes kon benader.  In geheel, dui hierdie tabel die proses aan van hoe die Bybelse tekse gevorder het van Hebreeus en Grieks na die moderne tale van vandag.

Die Oorsprong van ‘Christus’

In die volgende tabel volg ek weer die selfde proses soos hierbo uiteengesit, maar hierdie keer fokus ek spesifiek op die woord ‘Christus’ wat in ons hedendaagse Nuwe Testamente voorkom.

Christ in the Bible

Van waar kom ‘Christus’ in die Bybel

Ons kan sien dat in die oorspronklike Hebreeuse Ou Testament die terme ‘mashiyach’ dit was, wat in die Hebreeuse woordeboek beskryf word as ‘n  ‘gesalfde’ of ‘ingewyde’ persoon.  Hebreeuse priesters en konings van die Ou Testament periode was gesalf (seremonieel met olie gesmeer) voordat hulle hul offisiele posisie opgeneem het, dus was hulle die gesalfdes of mashiyach. Sekere Ou Testamentiese gedeeltes het egter ook gespreek van ‘n spesifieke mashiyach (met die lidwoord ‘die’ vooraf) van wie daar geprofeteer was dat hy sou kom.  Toe die Septuagint ontwikkel was in 250 vC, het die vertalers ‘n woord in Grieks gekies wat ‘n soortgelyke betekenis het, Χριστός (wat soos Christos klink) wat van die woord chrio kom, wat beteken het om seremonieel met olie te smeer.  Die woord Christos was dus vertaal deur die metode van betekenis (en nie ge-translitereer volgens klank nie) en dit vanuit die oorspronklike Hebreeuse ‘mashiyach’ na die Griekse Septuagint om na hierdie spesifieke persoon te verwys.  Die Nuwe Testament skrywers het verstaan dat Jesus hierdie spesifieke persoon is waarvan daar gepraat was in die Septuagint daarom het hulle voortgegaan om die woord Christos in hul geskrifte te gebruik om Jesus aan te wys as hierdie mashiyach.

Toe ons egter na die modern hedendaagse Europese tale beweeg, was daar nie ‘n bestaande woord wat erken sou word as die selfde betekenis nie en daarom was Christos getranslitereer vanuit Grieks na hierdie tale as ‘Christus’ en die verskye vorme daarvan.  Die woord ‘Christus’ is dus ‘n baie spesifieke titel met oorsprong in die Ou Testament en wat  so vertaal was vanuit Hebreeus na Grieks, en toe deur middel van transliterasie het die naam vanuit Grieks na die moderne tale gekom.  Die Hebreeuse Ou Testament is direk vertaal in hierdie tale in en vertalers het verskillende keuses gemaak in die gebruik van die oorspronklike Hebreeuse ‘Mashiyach’.  Sommige Bybels vertaal (deur middel van betekenis) na die verskillende variasies van ‘Messias’ en ander translitereer (d.m.v. klank) in variasies van “Christus”.  Omdat ons nie geredelik die woord ‘Christus’ in vandag se Ou Testament sien nie, is hierdie konneksie met die Ou Testament nie maklik ooglopend vir ons nie.  Maar as gevolg van hierdie analise weet ons dat die Bybelse ‘Christus’ = ‘Messias’ = ‘Gesalfde Een’ en dat dit ‘n spesifieke titel was.  Die oorspronklike Griekse lesers van die Nuwe Testament sou die Christos direk van uit die Septuagint gesien het en sou die direkte konneksie herken het, terwyl ons ‘n bietjie moet rond soek om dit te kan sien.

Die Christus wat in die 1ste Eeu verwag was

Noudat ons gewapen is met hierdie insig, kom ons hersien ‘n paar observasies vanuit die Evangelie verslag.  Hier volg die reaksie van Koning Herodes toe die wyse manne van die Ooste kom soek het na die koning van die Jode, ‘n welbekende deel van die Kersfees verhaal.  Neem kennis dat ‘die’ voor ‘Christus’ geskryf is, al verwys dit nie spesifiek na Jesus nie.

Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word.  (Matthéüs 2:3-4)

U kan sien dat die einste idee van ‘die Christus’ alreeds oor die algemeen aanvaar was deur Herodes en sy godsdienstige raadgewers – selfs voor die geboorte van Jesus – en dit word hier gebruik sonder om direk na Jesus te verwys.  Dit is omdat ‘Christus’ vanaf die Ou Testament kom en dit was gewoonlik deur die Jode van die 1st Eeu (soos Herodes en die hoof priesters van sy tyd) gelees in die Griekse Septuagint. ‘Christus’ was (en is steeds) ‘n titel, nie ‘n naam nie. Ons kan dus die belaglike idees wat populêr gemaak was deur ‘n rolprent soos Da Vinci Code, dat ‘Christus’ ‘n Christelike uitvindsel was of ‘n uitvindsel van iemand soos die Keiser Constantine van 300 nC, dadelik van die hand wys.  Die uitdrukking ‘Christus’ het honderde jare voor daar enige Christene was, bestaan en voor Constantine tot mag gekom het.

Ou Testament Profesiëe van ‘Die Christus’

In werklikheid neem hierdie uitdrukking ‘n finale profetiese titel aan reeds in die Psalms, geskryf deur Dawid ongeveer 1000 cV – baie lank voor die geboorte van Jesus.  Kom ons kyk na hierdie vroeë gebeurtenisse.

Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die Here en teen sy gesalfde en sê: “Kom ons maak ons vry en gooi hulle juk af!”  Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit, die Here spot met hulle.  Hy spreek hulle aan in sy toorn, in sy gramskap jaag Hy hulle op loop: “Dit is Ek wat hom as my koning gesalf het op Sion, my heilige berg.”  Ek wil vertel wat die Here aangekondig het. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun, van vandag af is Ek jou Vader.  (Psalm 2: 2-7)

Die Griekse Septuagint was veel meer gelees as Hebreeus (deur beide Jode sowel as nie-Jode)  in die eerste eeu.  Psalm 2 in die Septuagint sou soos volg gelees word (ek voeg die getranslitereerde Christos in sodat u die Christus titel kan ‘sien’ soos ‘n leser van die Septuagint dit kon sien.)

Die konings van die aarde is in opstand, the leiers span saam teen sy Christus …Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit, die Here spot met hulle…(Psalm 2)

U kan nou Christus sien in hierdie verse hier bo soos wat ‘n leser van die eerste eeu dit sou sien.  Die Pslams gaan voort met nog meer verwysings na die koms van Christus. Ek het die standaard verse langs die getranslitereerde verse geplaas hier onder met ‘Christus’ daarin sodat u dit kan sien.

Psalm 132- Van HebreeusPsalm 132 – Van Septuagint
10Ter wille van u dienaar Dawid, moet tog nie u gesalfde verstoot nie.11 Die Here het ‘n eed teenoor Dawid afgelê, en dit staan vas, Hy sal daarvan nie afwyk nie: “Ek sal een van jou eie seuns in jou plek laat koning word.”

17 “Daar sal Ek die heerskappy vir Dawid vestig, vir my gesalfde ‘n nageslag op die troon verseker. 18 “Sy vyande sal Ek magteloos laat toekyk, maar sý kroon sal bly skitter.”

Ter wille van u dienaar Dawid, moet tog nie u Christus verstoot nie. 

11 Die Here het ‘n eed teenoor Dawid afgelê, en dit staan vas, Hy sal daarvan nie afwyk nie: “Ek sal een van jou eie seuns in jou plek laat koning word …

 

17 “Daar sal Ek die heerskappy vir Dawid vestig, vir my Christus ‘n nageslag op die troon verseker..” 18  “Sy vyande sal Ek magteloos laat toekyk, maar sý kroon sal bly skitter.”

U kan sien dat Psalm 132 spesifiek in die toekomende tyd praat (“….Ek sal ‘n horing vir Dawid maak…”, hierdie toekomende tyd vorm word gebruik in baie dele reg deur die Ou Testament. Dit is belangrik om hierdie feit te onthou wanneer ons die profesiëe ondersoek.  Dit is nie so dat die Nuwe Testament skrywers sommer sekere idees gryp van die Ou Testament en dit dan ‘maak’ inpas nie.  Dit is so duidelik soos woorde kan wees, dat die Ou Testament, sonder om enigsins die Nuwe Testament in ag te neem, bewerings en voorspellings maak wat toekomstig is van aard.  Herodes was bewus daarvan dat die Ou Testament se profete voorspellings gemaak het oor die komende “Christus” – dit is waarom hy gereed was vir hierdie aankondiging.  Hy het slegs nodig gehad dat sy raadgewers vir hom die fyner besonderhede gee omtrent hierdie voorspellings.  Die Jode was altyd nog bekend daarvoor dat hulle wag vir hul Messias (of Christus).  Die feit dat hulle wag of uitsien na die koms van hul Messisas het  niks te doen met Jesus of met die Nuwe Testament nie (omdat hulle dít ignoreer) maar dit het juis alles te doen met die duidelike toekomstige voorspellings en profesiëe in die Ou Testament.

Die Ou Testamentiese profesiëe: Gespesifieer soos ‘n slot van ‘n slot-en-sleutel stelsel

Die feit dat die Ou Testament se geskrifte voorspellend is van die toekoms maak hulle uniek van ‘n soortgelyke klein groepie, in teenstelling met die enorme ‘see’ van literatuur wat geproduseer was deur die geskiedenis van die mens.  Dit is soos ‘n slot van ‘n deur.  ‘n Slot is ontwerp in ‘n sekere spesifikasie van vorm, sodat net ‘n spesifieke “sleutel” wat voldoen aan die vereiste van die spesifikasie,  dit kan oopsluit.  Op dieselfde wyse is die Ou Testatment soos ‘n slot.  Ons het gesien dat spesifikasies nie alleenlik in hierdie twee Psalms voorkom waarna ek hier gekyk het nie maar ons het alreeds ander gesien in die aflewerings oor Abraham se Opoffering, Adam se Begin, en Moses se Pasga (hersien dit asseblief as U nie bekend is daarmee nie).  Psalm 132 voeg die spesifikasie by dat “die Christus” van die lyn van Dawid sal wees.  Die “slot” het dus spesifikasies wat ooglopend meer en meer presies word in hul vereiste, soos wat ons die profetiese geskrifte reg deur die Ou Testament ondersoek. Ek wil voortgaan om na meer van hierdie “slot” spesifikasies te kyk.  Ek wil egter ook nog ‘n vraag vra: Is Jesus daardie “sleutel” wat pas, wat die profesiëe oop sluit?  Ek hoop dat U deur die proses van hierdie studie meer in staat sal wees om die Evangelie te oorweeg.