Skip to content

Kragtige Eenvoud: Wat is die besondere betekenis van Jesus se opoffering?

Bridge 4

Jesus het gekom om Homself op te offer aan die mensdom. Hierdie boodskap was aangekondig aan die begin van die geskiedenis van die mens, en is beaam met ‘n Goddelike kenteken in die offer van Abraham en in die Pasga offer, met verdere besonderhede wat voorspel was in verskeie profesieë in die Ou Testament. Waarom was Sy dood so belangrik dat daar noodwendig soveel klem op gevestig moes word? Dit is ‘n vraag wat goed oordink behoort te word. Die Bybel verkondig die volgende stelling, wat soos ‘n wet klink:

Die loon wat die sonde gee, is die dood…(Romeine 6:23)

“Dood” beteken letterlik ‘skeiding’. Wanneer ons siel skei van ons liggaam, gaan ons fisies dood. Op ‘n soortgelyke wyse is ons spiritueel geskei van God. Dit is so omdat God Heilig is (sonder sonde) terwyl ons korrup geword het sedert ons oorspronklike skepping en daarom sondig ons.

Ons is geskei van God deur ons sonde, soos ‘n afgrond tussen twee kranse
Ons is geskei van God deur ons sonde, soos ‘n afgrond tussen twee kranse

Hierdie skeiding word in die voorstelling hier bo uitgebeeld waar ons op ‘n krans is en God op die krans oorkant ons, geskei deur die bodemlose afgrond tussen ons. Soos ‘n tak wat dood is omdat dit afgebreek is van ‘n boom, so het ons onsself afgebreek van God en gevolglik het ons spiritueel dood gegaan.

Hierdie skeiding veroorsaak ‘n skuldgevoel en vrees. Normaalweg wat ons dan doen is om brȗe te probeer bou in ‘n poging om ons van ons kant (van die dood) te neem tot aan God se kant. Ons doen dit op verskillende wyses: om kerk, temple of moskee toe te gaan, om goedsdienstig te wees, om goed en hulpvaardig te wees, om te mediteer, om te probeer om meer hulpvaardig te wees, om meer te bid, ens. Hierdie lys van dade om meriete in te win kan ‘n baie lang lys wees vir sommige van ons – en om te probeer om hierdie dade en werke uit te leef in die praktyk kan baie gekompliseerd raak. Dit word uitgebeeld in die volgende voorstelling:

Goeie Pogings – hoe nuttig hul ook mag wees, kan nie die skeiding tussen ons en God oorbrug nie.
Goeie Pogings – hoe nuttig hul ook mag wees, kan nie die skeiding tussen ons en God oorbrug nie.

Die probleem is dat ons pogings, meriete, opofferings en mooi dade – wat op sigselwers nie sleg is nie, onvoldoende is omdat die betaling wat geverg word (die ‘loon’) van die sonde die ‘dood’ is. Ons pogings is soos ‘n brug wat poog om die skeiding tussen ons en God te oorbrug, maar op die ou end kan dit nie ver genoeg strek oor die kloof om die ander kant te bereik nie. Daarom, al is godsdienstige of morele pogings nie sleg nie, kan dit nie ons probleem by die wortel, by die oorsaak, op los nie. Dit is soos om kanker (wat tot die dood lei) te probeer genees deur ‘n vegetariese diëet te volg. Om ‘n vegetariese diëet te volg is nie sleg nie, maar dit gaan nie die kanker genees nie. Vir die kuur of genesing daarvan het mens ‘n totaal verskillende behandeling nodig.

Tot dusver is hierdie Wet net Slegte Nuus – dit is so sleg dat ons dikwels nie eens daarvan wil hoor nie en dan vul ons ons lewens met aktiwiteite en dinge in die hoop dat hierdie Wet net sal weg gaan.

Maar net soos wat ‘n kuur vir kanker betekenis aanneem vir ons wanneer ons hoor dat ons wel kanker het, so benadruk die Bybel hierdie Wet van sonde en die dood om ons belangstelling te prikkel in die kuur wat eenvoudig, maar kragtig is.

Die loon wat die sonde gee is die dood maar… (Romeine 6:23)

Die klein woordjie ‘maar’ dui aan dat die rigting van die boodskap op die punt staan om terug te draai na die Evangelie – die kuur, die genesing.

Die loon wat die sonde gee, is die dood; (maar) die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. (Romeine 6:23)

Die goeie nuus van die evangelie is dat die opoffering van Jesus se dood voldoende is om hierdie skeiding tussen ons en God te oorbrug. Ons weet dit omdat Jesus drie dae na Sy dood weer opgestaan het, en lewend geword het in ‘n fisiese opstanding. Alhoewel sommige mense vandag verkies om nie te glo in die opstanding van Jesus nie, is meeste mense eenvoudig nie ingelig oor die geloofwaardige bewyse van Sy opstanding nie. Jesus se opoffering was in profetiese form uitgebeeld in die offer van Abraham en ook in die inwyding van die Paasfees offer.

Jesus was ‘n mens wat ‘n sondelose lewe gelei het. Daarom kan Hy beide die menslike en Goddelike kante ‘aanraak’ en die groot gaping wat God en die mens skei, oorbrug. Hy is ‘n Brug tot die Lewe wat soos volg geullistreer kan word:

Jesus is die Brug wat die gaping tussen God en mens oorbrug.
Jesus is die Brug wat die gaping tussen God en mens oorbrug.

Neem kennis hoe die offer van Jesus aan ons gegee is. Dit is as ‘n ‘geskenk’ geoffer. Dink aan geskenke. As dit werklik ‘n geskenks is, is dit iets waarvoor jy nie werk nie en wat jy nie deur meriete of eer verdien nie. As jy dit verdien het, is die geskenk nie meer ‘n geskenk nie! Op dieselfe wyse kan jy nie die offer van Jesus verdien deur meriete of werke nie. Dit is aan jou gegee as ‘n geskenk. Dit is eenvoudig net so.

En wat is die ‘geskenk’? Dit is die ‘ewige lewe’. Dit beteken dat die sonde wat vir jou en en vir my die dood gebring het, is nou gekanselleer. Jesus se offer is ‘n brug waaroor jy kan gaan om aan te sluit by God en lewe te ontvang – lewe wat vir ewig duur. Hierdie geskenk is gegee deur Jesus wie, deur uit die dode op te staan, Homself bekend maak as die ‘Heer’. So magtig is dit.

So hoe gaan jy en ek oor hierdie Brug van Lewe wat aan ons geskenk is? Dink weer aan geskenke. As iemand na jou kom en vir jou ‘n geskenk gee, dan is dit iets waarvoor jy nie werk nie. Maar om enige voordele te trek uit die geskenk, moet jy dit ‘ontvang’. Enige tyd wanneer ‘n geskenk geoffer word, is daar twee opsies. Of die geskenk word geweier (“Nee dankie”) of dit word aanvaar (“Dankie vir die geskenk, ek sal dit aanvaar. ”) Net so ook, moet hierdie geskenk aanvaar word – dis so eenvoudig soos dit. Dit kan nie net geestelik bekragtig word, bestudeer word en verstaan word nie. Dit word geïllustreer in die volgende figuur waar ons ‘ loop ‘ op die Brug deur na God te draai, en die geskenk te aanvaar wat Hy ons aanbied.

Jesus se opoffering is ‘n geskenk wat elkeen van ons moet besluit om te aanvaar.
Jesus se opoffering is ‘n geskenk wat elkeen van ons moet besluit om te aanvaar.

So hoe ontvang ons hierdie geskenk? Die Bybel se dat Almal wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (Romeine 10:12)

Let op dat hierdie belofe vir ‘almal’ is. Sedert Hy uit die dode opgestaan het, is Jesus lewend, selfs nou ook, en Hy is ‘Heer’. So as jy Sy Naam aanroep sal Hy hoor, en Sy gesekenk aan jou uitreik. Jy het nodig om uit te roep na Hom, en Hom te vra deur ‘n gesprek met Hom te hê. Dalk het jy dit nog nooit gedoen nie. Hier is ‘n paar riglyne wat jou kan help om hierdie gesprek en gebed met Hom te hê. Dit is nie ‘n magiese inkantasie nie. Dit is nie die eintlike woorde wat die mag het nie. Dit is die vertroue wat Abraham gehad het, wat ons het in Sy abiliteit en gewilligheid om vir ons hierdie geskenk te gee. Soos ons Hom vertrou, sal Hy ons hoor en reaggeer. Die evangelie is kragtig en tog ook terselfde tyd so eenvoudig. Voel gerus vry om hierdie riglyne te volg terwyl jy hardop of saggies in jou gees praat met Jesus om hierdie geskenk te ontvang.

Liewe Here Jesus, ek verstaan dat ek van God geskei is deur die sondes in my lewe. Alhoewel ek baie hard kan probeer, sal geen poging of opoffering van my kant af hierdie skeiding kan oorbrug nie. Maar ek verstaan dat U dood ‘n opoffering was om alle sondes weg te was – selfs my sondes. Ek glo dat U uit die dode opgestaan het na U opoffering sodat ek kan weet dat U opoffering voldoende was. Ek vra U om my asseblief te reinig van my sondes en my oor te brug na God toe sodat ek die ewige lewe kan hê. Ek wil nie ‘n lewe lei waarin ek gebonde is aan sonde nie, so bevry my asseblief van sonde. Dankie Here Jesus dat U dit alles vir my doen en sal U my asseblief van nou af lei sodat ek U kan volg as my Heer.

Amen

1 thought on “Kragtige Eenvoud: Wat is die besondere betekenis van Jesus se opoffering?”

  1. Jy is in sonde gebore. Jy het nie sonde gekry oor iets wat jy gedoen het nie. Jesus het dit klaar op hom geneem ongeag of jy sonde doen of gedoen het. Ek het n NDE – skyndood gehad en dit is wat vir my gese , gewys. en ek ervaar het. Jy is reeds afgekoop voor jy nog gebore is

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *